Verified Reviews
Escape From Johannesburg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Escape From Johannesburg
Rated 4.2 out of 5 based on 5311 reviews.
Parys, Escape From Johannesburg
La Belle Guesthouse Parys"Ons was nog altyd mal oor Parys. Ons het river rafting by Earth Adventures gedoen wat regtig lekker was. Het ook heerlik geëet by baie goeie restaurante. Ons het wel ervaar dat die hele karakter van Parys ongelukkig totaal verander het met letterlik honderde voertuie en trokke wat sonder ophou deur Parys se hoofstraat beweeg. Dit is regtig jammer, omdat 'n mens maar altyd Parys toe gaan vir die rustige atmosfeer en karakter eie aan die dorp. Nou is die verkeer presies soos Johannesburg in spitstyd, en dit verander die dorpie se hele gevoel waarvoor dit eintlik altyd bekend was."
Parys, Escape From Johannesburg
Parys Overnight Stay"Twee fantastiese golf bane bymekaar. Elke moontlike eetplek is binne stapafstand."
Dinokeng Game Reserve, Escape From Johannesburg
Adama Artistic Chalets & Teepees"Naby aan Johannesburg en baie lekker plek. "
Potchefstroom, Escape From Johannesburg
If Not Why Not Guesthouse"WiFi baie stadig. Net baie potholes!"
Potchefstroom, Escape From Johannesburg
A Touch of Grace"Ons kinders studeer by die NWU so ons kuier gereeld daar. Vriendelike dorp."
Dinokeng Game Reserve, Escape From Johannesburg
De Kleine Serengeti Game Lodge"The permit information is not very clear for first timers. It is a bit tricky to navigate the reserve and know which roads you may and may not take especially regarding the permits."
Dinokeng Game Reserve, Escape From Johannesburg
De Kleine Serengeti Game Lodge"Ons het heelwat wild gesien. Ons het nie die groot 5 gesien nie, maar dit steeds baie geniet. Die padkaart wat jy by ontvangs kan koop saam met die selfdrive permit, is baie volledig."
Potchefstroom, Escape From Johannesburg
Twin Palms Guesthouse"Potch is 'n lieflike studentedorp met baie geskiedenis en kultuur. Goeie restaurante. Baie om te sien en doen."
Secunda, Escape From Johannesburg
The Willows Self-catering Apartments"Vibrant little town, lots of amnenities."
Dinokeng Game Reserve, Escape From Johannesburg
De Kleine Serengeti Game Lodge"A bit overstated as Big 5 game reserve. Game is sparsely populated and travellers are lucky if they see 1 of the Big Five unless possibly on a game drive as the guides generally know where the Big 5 were last seen."
Parys, Escape From Johannesburg
Rambling Rapids"Het sommer daar huis gekoop ek trek binnekort na Parys."
Dinokeng Game Reserve, Escape From Johannesburg
Jabula Bush Camp"Redelik baie diere gesien. Die diere is in 'n baie goeie kondisie."
Dinokeng Game Reserve, Escape From Johannesburg
Mooiplasie Bush Camp"Reservaat self is nie in my opinie op die klas waar dit moet wees nie. Daar is te min diere. Iets op die grond self is nie reg nie, want daar is bitter min insekte ook wat sê daar is iewers fout. Gewoonlike sien mens in reservate orals meerkatte, grondeetkorings en mongoose, maar ons het niks daar gesien van dit nie. Die reservaat self kort regte natuurbewaarders of gidse. Ek verstaan daar is baie volunteers, maar dit help nie. Die gebied self het baie bottles en vuilgoed en teen die grenshek is daar 'n plakkerskampaffêre. Die pad deur die reservaat maak ook groot promleme, want elke keer as ons daar gaan, jaag taxi's daardeur en oorvat ons om verby te gaan. Die laaste keer het die taxi verbygejaag en amper 'n groep impalas gestamp. Hulle gaan meer beheer moet hê oor die park as hulle dit 'n regte park wil maak. Daar is ook ooglopende hokke in 'n privaat eiendom met ape in (dit maak nie sin in 'n reservaat nie). "
Parys, Escape From Johannesburg
Ella's Cottage"We were a bit surprised that most of the shops closed around 4 pm on a Saturday afternoon. However; most were open bright and early again on Sunday."
Dinokeng Game Reserve, Escape From Johannesburg
Tendeni Private Lodge"Dit was 'n belewenis gewees, mense wat van die natuur hou kan maar gerus Dinokeng toe gaan. Die game drive is 'n moet. Ek sal enige tyd weer teruggaan Tendeni Lodge toe."
Hartbeespoort, Escape From Johannesburg
Benlize Lodge"Die Upside Down House se pryse is bietjie duur vir wat jy kry. Dit was 'n teleurstelling dat jy soveel geld vir 10 min se kyk na 'n onderstebo huis moet betaal. Ek het baie meer verwag."
Parys, Escape From Johannesburg
Rose Acres Guest House"Baie mooi plek. Net een probleem dat die paaie baie sleg is."
Parys, Escape From Johannesburg
At River Cottage"Die dorpie het agteruit gegaan vandat ek laas daar was, maar hulle probeer moeite doen om na Covid te herstel."
Bethlehem, Escape From Johannesburg
Die Dorpsmeerkat"Ons het die pragtige dorpie in die Vrystaat geniet. Pragtige omgewing."
Parys, Escape From Johannesburg
Rolo Sports House"Relaxed and chilled quaint small town. Great for a leisurely walk about to shop and also hop from eatery to eatery."
Dinokeng Game Reserve, Escape From Johannesburg
OuKlip Game Lodge"Would be wonderful if the game could all roam free without any fences, except the boundary fence to keep them safe."