Verified Reviews
Escape From Johannesburg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Escape From Johannesburg
Rated 4.2 out of 5 based on 5311 reviews.
Parys, Escape From Johannesburg
River Rock Lodge"Heerlike dorpie vir net lekker rondloop in interessante winkeltjies. Die restaurante was heerlik."
Parys, Escape From Johannesburg
Rose Acres Guest House"Parys kan 'n ongelooflike toeristebestemming wees mits die munisipaliteit ernstig aandag gee en moeite doen met die algehele netheid van die strate. Die hoofstraat vertoon vuil en paaie rondom die hoofstraat skep 'n baie slegte indruk. Dit is duidelik ook 'n teken van swak bestuur en infrastruktuur wat agteruit gaan. Die winkels is pragtig, heerlik om te drentel en na alles te kyk wat interessant is. Dit is 'n heerlike uitstappie om Parys te besoek. 'n Reuse-teleurstelling was die Spur se kwaliteit van diens en kos. Beslis die swakste Spur wat ek al besoek het! Meyer's Ranch Deli and Browse was absoluut puik! Netheid, diens, vriendelikheid, kos, manier hoe dit voorgesit is ─ alles by die deli was uit die boonste rakke."
Potchefstroom, Escape From Johannesburg
Adato Guest House"Baie mooi dorp met lekker, lewendige atmosfeer."
Dinokeng Game Reserve, Escape From Johannesburg
Owl Spot"Baie mooi en het baie diere gesien. Sal weer gaan."
Potchefstroom, Escape From Johannesburg
Opstal Gasteplaas"My dogter studeer op NWU. Hou baie van die dorp. Paaie kort so bietjie aandag."
Parys, Escape From Johannesburg
At River Cottage"Oulike restaurante en winkels om te besoek. As iemand oudhede soek is Parys die plek."
Dinokeng Game Reserve, Escape From Johannesburg
Honey Lodge"This place is a hidden Jem and I love going there. We go there at least 3 times a year."
Cullinan, Escape From Johannesburg
117 on Oak"Thanks, dit is great. Spar is so effe mal, maar dis definitief 'n cool plek."
Potchefstroom, Escape From Johannesburg
Flutterby Guesthouse"Potchefstroom-mense is uiters vriendelik en behulpsaam, ons het voertuigprobleme ondervind en almal het ons bystand aangebied en van hul het meer as die ekstra myl saam gestap, baie dankie Potch!"
Parys, Escape From Johannesburg
Le Grand Chateau"Parys is 'n fantastiese, veilige plek met baie om te doen."
Dinokeng Game Reserve, Escape From Johannesburg
Foreva Wild"Ek dink Dinokeng is dalk nie bekend genoeg aan mense nie. 'n Mens sien dit op Google, maar die omvang in grootte, die afsonderlike blyplekkies binne in die groot reservaat, word nie deeglik omskryf nie. Dit was blote toeval dat die prentjies op Google van Foreva Wild my oog getrek het, wat gemaak het dat ons daar bespreek het, maar ons sal enige tyd weer gaan. Dit was absoluut fantasties, nie eers op die teerpad wat deur die reservaat loop, het ons eenmaal gevoel karre jaag en maak dit onsmaaklik nie. Ons was al baie in die Krugerwildtuin maar sal nie sommer weer so ver ry as ons dit binne 45 minute vanaf ons huis, in Dinokeng vind nie. Absoluut 'n fees van 'n tyd gehad!"
Dinokeng Game Reserve, Escape From Johannesburg
De Kleine Serengeti Game Lodge"Dit sal goed wees om besoekers vooraf te waarsku dat daar aparte ingangsfooie en heffings is om Dinokeng Reservaat te mag binnegaan, en om op jou eie te mag rondry, indien besoekers dit wil doen."
Parys, Escape From Johannesburg
Schilbach House"Paaie is in 'n baie slegte kondisie, verder is dit 'n baie rustige omgewing."
Dinokeng Game Reserve, Escape From Johannesburg
Mooiplasie Bush Camp"Ek is mal oor Dinokeng - geniet dit altyd daar."
Dinokeng Game Reserve, Escape From Johannesburg
OuKlip Game Lodge"Daar is 'n groot verskeidenheid van plekke om van te kies wat verblyf aanbetref wat lekker is. Mens moet net nie Krugerwildtuin verwag as dit by die diere kom nie want dan gaan jy teleurgesteld wees. Vir die grootte van die reservaat is daar genoeg diere."
Dinokeng Game Reserve, Escape From Johannesburg
OuKlip Game Lodge"Professional end efficient booking and access control. Some main gravel roads need attention (Wagendrift Road). Picnic sites are well maintained with clean ablution. Unfortunately, we were visiting midweek so we couldn't experience any of the food being sold at picnic sites over weekends."
Hartbeespoort, Escape From Johannesburg
Harties Wellness Centre & Accommodation"Pragtige omgewing en plantegroei."
Parys, Escape From Johannesburg
Six Second Avenue"'n Pragtige dorp langs die Vaalrivier met goeie winkels om in al jou behoeftes te voorsien, en nog meer."