Geverifieerde Resensie
Escape From Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 15946 resensies.
Jacobsbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Weskushuis"Jacobsbaai is 'n wonderlike plek vir 'n spesiale en rustige wegbreeknaweek."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Paters Nessie"Paternoster is 'n ideale wegbreek van nie meer as 3 dae nie."
"Pragtige plek, maar mense met honde tel nie die "landmyne" op nie. Ook waar die perde loop is oral mis. Dit is teleurstellend."
Struisbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Speedo's en Crocs"Wil so gou moontlik teruggaan vir lekker vis, dis heerlik daar veral vir klein kinders. Daar is nie strome by die hawe se strand nie. Love dit!!"
Franschhoek, Ontsnap Uit Kaapstad
Bo La Motte Farming and Tourism"Franschhoek is 'n pragtige dorp met vriendelike en hulpvaardige mense."
"Prentjiemooi dorpie met baie om te doen. Heerlike restaurant om van te kies en keur. Die markie is ook 'n moet. Staproete teen die berg op vir die avontuurlustiges. Greyton is beslis 'n great dorpie!"
Rawsonville, Ontsnap Uit Kaapstad
ATKV Goudini Spa"Ons het verder as Rawsonville rondgery en was baie verras en beïndruk met die landbou (druiwe ens.) en plase in die omgewing. Om nie te vergeet van die wonderlike natuur van die magtige berge in hierdie omgewing nie."
Langebaan, Ontsnap Uit Kaapstad
Bella Casa"Baie mooi en skoon en almal is altyd welkom en almal wil net help. "
Jacobsbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Weskushuis"Klein plekkie wat net uit huisies bestaan, een of twee eetplekkies, beslis 'n diamant aan die Weskus as jy wil rustigheid wil hê."
"Asemrowend mooi daar! Die suidste punt van Afrika was boeiend, en ons was baie verras met die baie toeriste daar! Kan hierdie bestemming regtig aanbeveel!"
Malmesbury, Ontsnap Uit Kaapstad
50 Shades of Hay"Malmesbury, is 'n baie mooi en skoon dorp, sou graag nog 'n dag langer wou bly om bietjie meer rond te loer."
Clanwilliam, Ontsnap Uit Kaapstad
Clanwilliam Dam Breathtaking House"Vir mense wat uit die stad 'n wonderlike, rustige wegbreek soek, is Clanwilliam die plek. Al die belangrikste winkels is daar en die oulikste, plaaslike besighede is daar om te ondersteun."
Hermanus, Ontsnap Uit Kaapstad
The Lily House Hermanus – Central Private Cottages"Bedrywige dorpie met vriendelike mense. Uitsigte van stappies is asemrowend. Kom altyd terug vir die seekos."
Riebeek-Kasteel, Ontsnap Uit Kaapstad
Onse Kasteel"Riebeek-Kasteel is 'n pragtige en rustige bestemming wat onder 100 km vanaf Kaapstad is. Dit is vir seker 'n plek om te besoek."
"Hermon is naby die Du Vlei plaas, maar is nie werklik 'n toeriste bestemming nie. Riebeek-Kasteel (7 km van DuVlei af) en die plattelandse omgewing is die besienswaardighede en is hoekom mense uit die stad daarheen gaan oor naweke."
Langebaan, Ontsnap Uit Kaapstad
Au Plais De Langebaan Palm Tree Villa B&B"Awesome plek, as ek nou 'n werk kry daar en kan trek is ek dadelik. "