Verified Reviews
Eastern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Eastern Cape
Rated 4.4 out of 5 based on 6634 reviews.
"Desember is beslis nie die beste tyd van die jaar in die Oos-Kaap nie! Gaan eerder tussen Februarie en Mei. Genoeg om te doen, mooi plekke om te sien en iets vir elke ouderdom se giere en grille."
Gqeberha (Port Elizabeth), Eastern Cape
420 on Cape"Port Elizabeth is 'n lekker kusbestemming met interessante toeriste-aantreklikhede naby aan die strandgebied."
"Ons het sommer te voet die strate ingevaar en die Karoo-boustyl beloer en waardeer."
"Heerlik om verras te word met die verskeie eetplekkies wat daar te vinde is. Ware rus vir die siel en vir die moeë reisiger. Slaap beslis vir ten minste twee aande in die omgewing."
"Mooiste plattelandse dorpie. Histories en modern. Verlief op die kerk. Beslis die mooiste kerk in SA."
"Dit was 'n nuwe ervaring, eerste keer in Gonubie. Sal weer daar gaan bly."
"Dit is nog goed om al die historiese geboue te sien en dat dit bewaar word."
"Rustige, klein Karoo-dorpie met die nodigste kruideniersware beskikbaar. Goed geleë om die Kamdeboo Nasionale Park te besoek."
"Die vullis en verval het my ontstel! Ek wou met mannekrag al die vullis verwyder. Die dorp kan so pragtig vertoon, maar plek-plek voel dit asof mens deur 'n vullisblik ry."
"Dit is op die oomblik baie droog daar, so besoekers kan dalk gebottelde water saamneem."