Verified Reviews
Eastern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Eastern Cape
Rated 4.4 out of 5 based on 6660 reviews.
"Oviston is 'n oulike Karoo dorpie, mooi en meestal netjies, met min om te doen, net wat ons nodig gehad het. Die Gariepdam is gerieflik naby, maak dit maklik vir visvang en pragtige foto's."
"Vermy die stad. Ry eerder verder noord-oos vir vermaak en ontspanning."
"Alexandria self is 'n baie ou dorpie en benodig herstelwerk aan baie van die geboue. Al hoe wel jy die ouderdom van die dorp regdeur kan sien is die paaie skoon en goed in stand gehou waar toeriste mag reis."
"Lieflike area om vakansie te hou. Kaap St Francis het 'n heerlike strand en daar is wonderlike stap en bergfiets paadjies."
"Pragtige natuurskoon met skoon strand. Gonubie is klein tog beskik dit oor alles wat 'n toeris mag benodig. Word hoogs aanbeveel. "
"Sal definitief aanbeveel om na 'The valley of desolation' toe the gaan, asook om aandete te gaan geniet by 'Polka' restaurant. Graaff-Reinet is 'n pragtige dorp!"
"Wonderlike plek as mens wil gaan rus. Baie rustig, het een dag uitgery na Kenton-on-Sea. Baie mooi omgewing. Het op 'n Sundowner Cruise gegaan."
"Baie interessant, rustig en stil maar baie kunstige mense en plekkies om te besoek. Wens ons kon langer gebly het."
"Familie gunsteling! Rustige dorpie en as jy daarvan hou is dit die plek vir jou. Wat spesiaal is, is dat jy die sonsopkoms en -ondergang oor die see ervaar."
"Cradock is a lovely little town in the heart of the Karoo. We have stayed there 3 times in the past 6 years as a stopover to Kenton on Sea. There is a beautiful old hotel in the centre of town that is so beautiful and quaint. Cradock has true Karoo hospitality. We love it."