Geverifieerde Resensie
Eastern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 6660 resensies.
"Beslis 'n moet vir diegene wat natuurskoon, berge en die platteland waardeer."
"Net jammer die paaie is nie wat wonders nie, maar op die ou end was dit die moeite werd."
"Graaff-Reinet is 'n baie spesiale plek, daar is ongelooflike natuurskoon en oulike winkels, dis veilig en skoon en vriendelik."
"Baie mooi dorpie met vriendelike mense en interessante plekkies om te besoek."
"Unusual, interesting attractions, art-wise and culture-wise. Warm receptions by all we met."
"Die padtekens op pad na Waterford benodig dringend aandag! Meer toeriste wat van die hoofpaaie wil afdwaal, sal dan besoeke bring aan die pragtige omgewing! "
"Baie mooi, ouer deel van Port Elizabeth. Nie te ver van die see af vir mense wat graag die strand wil besoek nie."
Gqeberha (Port Elizabeth), Oos-Kaap
Tyday Accommodation"Port Elizabeth se weer sit my heeltemal af. Hul inkopiesentrums het egter baie winkels wat ons in die Vrystaat nie het nie. Bekostigbaar."
"Bekoorlike dorp. Heerlik om nog tot 21:00 by die Spar te kon inkopies doen na 'n lang dag op die pad. "
"Om die oujaar in Nieu-Bethesda af te sluit, is 'n onvergeetlike ondervinding wat elkeen aan hom-/haarself verskuldig is."
"Die plek is puik. Vriendelike mense en great ontbyte. Beste gastehuis wat ek al gebly het. Hoogs aan te beveel."
"Excellent for hiking and cycling and enjoying nature. Unexpectedly cool in summer."
"Ons is Oos-Londen toe om te gaan geocache en dié het aan al ons vereistes voldoen. Ons het lekker geëet en gefliek terwyl dit gereën het."
"Lekker skaapvleis by Kamdebo Slaghuis. Heerlik geëet by Coldstream Restaurant. Kamdebo Park en Vallei van Verlatenheid 'n absolute moet."