Resensies van Eastern Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Cape bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.32 uit 5 gekry volgens 2877 resensies.
Elsabe S. - 5th May 2016
staying in Uitenhage, Oos-Kaap
Omdat ek baie jare op Despatch gebly het en nou net vir 'n troue Uitenhage toe gegaan het, kyk ek met ander oë na die dorp, maar die Oos-Kaap het sy eie bekoring met die pragtige berge (wat mens eers weer oplet as jy as besoeker terugkeer). Die omgewing bied baie vir die toeris, so die dorp is 'n baie gerieflike verblyfplek vir mense wat besienswaardighede gaan besoek en weer die aand wil terugkeer na 'n veilige oornagplek.
Willie H. - 3rd May 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
'n Pragtige dorp met al sy besienswaardighede om te geniet.
Marius R. - 3rd May 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Mooi skoon dorp. Tien oor sewe die aand was werkers nog besig om strate skoon te maak. Doen so voort.
Desire D. - 3rd May 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Mooi skoon dorp met baie om te sien!
Jeff R. - 3rd May 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Lots to see and do.
Izak W. - 2nd May 2016
staying in Cradock, Oos-Kaap
Omgewing baie mooi.
Ronel C. - 29th April 2016
staying in Nieu-Bethesda, Oos-Kaap
Nieu-Bethesda is kos vir die siel. En die mense is almal so ongelooflik vriendelik en goed gemanierd.
Craig L. - 28th April 2016
staying in Grahamstad, Oos-Kaap
Very neat and clean town.
Nico P. - 28th April 2016
staying in Cradock, Oos-Kaap
Pragtige Karoo-dorp.
Natalie I. - 28th April 2016
staying in Cradock, Oos-Kaap
Dit is 'n vreeslike mooi plek.
Rianda M. - 28th April 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Ons was aangenaam verras met die netheid van die dorp. In die verlede was die kerk saans verlig, en dit was 'n wonderlike attraksie en goed vir fotografie. Ons verstaan dat dit nou moontlik duur is, maar miskien kan die ligte op spesifieke aande vir spesefieke tye aangeskakel word, afhangende van die tyd van die jaar en as dit goed donker is.
Horst B. - 25th April 2016
staying in Cannonville, Oos-Kaap
Cannonville is perfectly situated to tour the area. Near to everything, but quiet. The hosts are absolutely fantastic!
Nic V. - 23rd April 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
'n Hoogs indrukwekkende dorp. 'n Volwaardige vakansie is nodig om alles to besigtig. Frontiers restaurant is tops!
Una C. - 21st April 2016
staying in Cannonville, Oos-Kaap
Dit is naby genoeg aan die Addo Olifantpark en reisgidse is beskikbaar om jou te neem. Dit is dus nie nodig om met jou eie vervoer op die grondpaaie te ry nie.
Rachel D. - 20th April 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Lovely town.
Louis D. - 20th April 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Interessant.
Petro J. - 19th April 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Spandeer meer tyd daar om by alles uit te kan kom.
Lizette H. - 19th April 2016
staying in Nieu-Bethesda, Oos-Kaap
Verrassend interessant.
Francois L. - 15th April 2016
staying in Seafield, Oos-Kaap
Sal dit beslis aanbeveel aan almal!
Larry B. - 14th April 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Baie om te sien in die interessante plek.
Esther F. - 14th April 2016
staying in Cradock, Oos-Kaap
Mooi en rustige bestemming!
Marilize B. - 14th April 2016
staying in Walmer, Oos-Kaap
Rustige buurt, winkels baie oulik.
Funeka T. - 14th April 2016
staying in Selborne, Oos-Kaap
Selborne looks like a safe place.
Annatjie S. - 13th April 2016
staying in Cradock, Oos-Kaap
Histories baie ryk en 'n lekker klipgooi van die Bergkwaggapark af. Die moeite werd om oor te bly!
Annatjie S. - 13th April 2016
staying in Burgersdorp, Oos-Kaap
'n Lekker stil bestemming met goeie plaas-akkommodasie soos Hoedklip op die plaas Oudeklip.
Annatjie S. - 13th April 2016
staying in Rhodes, Oos-Kaap
Verrassend mooi en besonder interessant. Die moeite werd om te gaan besoek.
Annatjie S. - 13th April 2016
staying in Maclear, Oos-Kaap
Slaap oor op 'n gasteplaas soos Fairbairn en sien al die pragtige natuur soos die Tsitsavalle.
Celesté V. - 13th April 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Dit is 'n baie mooi en skoon dorp en daar heers 'n baie lekker atmosfeer in die aand. Die mense is baie vriendelik. Volgende keer sal ons langer bly.
Roelof C. - 12th April 2016
staying in Aberdeen, Oos-Kaap
Ons was aangenaam verras met die netheid van die dorpie. Die aandete by Vileira was 'n fees. Page House bly 'n wenner.
Margareta T. - 12th April 2016
staying in Aberdeen, Oos-Kaap
Aberdeen is 'n klein dorpie wat 'n heel aangename plekkie is om te rus en om die lang pad Kaap toe 'n bietjie te onderbreek.
Annatjie C. - 12th April 2016
staying in Cradock, Oos-Kaap
Cradock was vir ons 'n aangename verrassing, omdat ons nie geweet het wat om te verwag nie. Daar is baie historiese plekke wat mens kan besoek en ons het een dag afgestaan om na die Bergkwaggapark te gaan. Besoek gerus die hotel wat die omliggende huisies uitgekoop het vir meer inligting oor Cradock.
Pieter J. - 7th April 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Die groot kerk is 'n moet sien, so ook die historiese geboue.
Lynette S. - 7th April 2016
staying in Queenstown, Oos-Kaap
A very interesting town.
M P. - 7th April 2016
staying in Lady Grey, Oos-Kaap
Dis in 'n pragtige omgewing geleë, met goeie teerpad toegang. As mens van die toeristebestemmings wil besoek in omgewing is 'n hoër voertuig aan te beveel, want die grondpaaie is redelik sleg, veral na die reën.
Johann L. - 7th April 2016
staying in Oviston , Oos-Kaap
Lekker, veral as 'n mens 'n boot het.
Antoinette V. - 7th April 2016
staying in Rhodes, Oos-Kaap
Pragtige plekkie! Die inwoners doen regtig moeite om dit te bemark.
Pieter P. - 5th April 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Oulike dorpie.
Lappies V. - 4th April 2016
staying in Colchester, Oos-Kaap
Aangename plek om te bly.
Herman B. - 4th April 2016
staying in Humewood, Oos-Kaap
Leaker plek, vol lewe.
Charles P. - 4th April 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Netjies. Vir 'n fotograaf en kunsliefhebber is dit 100%.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za