Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Oudtshoorn

+23

Beskrywing

Wanneer jy dink aan Oudtshoorn, is een van die eerste twee dinge wat by die meeste van ons se gedagtes opspring sekerlik volstruise en die jaarlikse Klein Karoo Nasionale Kunstefees. Maar die Volstruis-paradys bied baie meer as net dit. Die dorp het werklik iets vir almal se smaak, van 'n pragtige bergpas tot 'n interessante grot of twee. Wat van 'n kuiertjie by Sagmoedige Neelse se huis? Vir avontuurlikes is daar 'n staproete saam met wilde meerkatte, of 'n hokduik saam met krokodille... Kom kuier sommer die hele naweek. Loer hieronder vir heerlike opsies vir akkommodasie on Oudtshoorn.

Daar is talle interessanthede van hierdie dorp en omgewing waarvan min mense weet: Oudtshoorn is die grootste dorp in die Klein Karoo en staan bekend as die die volstruishoofstand van die wereld. Omdat dit die dorp met die meeste sonnige dae in Suid-Afrika is, kan besoekers talle reënvrye somersdae te wagte wees, selfs in die winter.

Wanneer jy Oudtshoorn besoek moet jy verseker nie die kans om een van die talle Volstruisplase te besoek laat verbygaan nie. Jy sal die ervaring van (probeer) volstruisry heel moontlik nooit vergeet nie, en boonop sal dit lekke vermaak vir die ander bied. Die meeste volstruisplase bied ook lekke aktiwiteite vir die kinders.

Die pragtige natuurskoon is ook een van die vele trekpleisters vir toeriste. Al ooit gehoor van spekboom, worsies, broodbos en papkuil? (Nee, dit verskyn nie op 'n ontbyttafel nie.) Wat van slangkop, varkstert, olifantvoet, bobbejaanoor en volstruisnek? (Dis nie 'n lys met diername nie.) Dit alles is interessante plantspesies (met selfs interessanter name) wat in Oudtshoorn besigtig kan word.

Nog 'n natuurwonder is die Swartbergpas, een van Oudtshooorn se gewildste toerisme-aantreklikhede. Die dorp is knus tussen die Swartberge- en Outeniqua-bergpasse gelee en as jy lus het vir 'n "road trip" van 'n annerse kleur, klim in jou kar en ry vanaf Oudtshoorn na Prins Albert oor die Swartbergpas, en ry dan terug na Oudtshoorn via Meiringspoort en De Rust.

Kom bederf die hele familie met 'n vakansie in Oudtshoorn wat almal sal onthou. Ons sal seker maak dat jy lekke slaap in die volstruishoofstad.

Kaart

As jy al so ver gekom het, het jy dit duidelik geniet om oor Oudtshoorn te lees! Hoekom maak jy nie 'n vakansie daarvan nie? Kliek hier om meer akkommodasie–opsies in Oudtshoorn te sien.
Sien Akkommodasie
Kliek hier om meer akkommodasie–opsies te sien
Kliek hier om terugvoer te gee. Laat weet ons asb. as iets op dié webblad verouderd of onakkuraat is.
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem