Geverifieerde Resensie
Oudtshoorn
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Oudtshoorn bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1108 resensies.
"KKNK is 'n lekker bestemming vir die kunste en al die kuierplekke soos volstuisplase, wynmakers en Kangogrotte is maklik daarvan bereikbaar."
"Baie te doen en te sien in Oudshoorn. Nog meer tydens die kunstefees. Interessante bestemming."
"Net oorgeslaap, maar al vantevore daar vakansie gehou. Pragtige dorp met vriendelike, hulpvaardige mense. Baie interessante winkels om in rond te loop."
"Oudtshoorn is well worth a visit with a number of attractions in and around the town."
"Oudshoorn het so baie besienswaardighede wat jy kan besoek. Ons naweek was te kort. Ek dink 'n week of twee is genoeg. My kleinkind het hom so geniet."
"Baie om te doen in die omgewing. Dit kan 'n bestemming op sy eie wees."
"Oudshoorn is 'n must-see dorp, regtig ek sal dit aan enigeen aanbeveel, dit was goed om alles te explore."
"Baie lekker plek om heen te gaan, ongelukkig is daar ook net soveel wat mens in Oudtshoorn kan doen."
"Oudtshoorn bied veel meer prag en interessanthede as wat ons gedink het."
"Ons dag was te kort om alles te doen wat ons wou. Moet definitief langer as 'n dag oorbly."
"Baie hartseer oor die vervalle Infanterieskool waar ek in 1974 met sóveel trots die juniorleierskursus voltooi het! 'n Kort toer deur die dorp vertoon die agteruitgang."
"Oudtshoorn per se is 'n wonderlike plek - propvol geskiedkundige bestemmings en dinge om te doen. Die enigste skokkende ervaaring was die absolute swak kwaliteit van die dorp se strate - teer is vervalle en die paaie is vol slaggate. Die munisipaliteit moet daadwerklik aandag daaraan gee, of toeriste verloor."
"Cango Caves were spectacular and Oudtshoorn has some lovely restaurants and cafés."