Verified Reviews
Overberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Overberg
Rated 4.6 out of 5 based on 6323 reviews.
"Agulhas is die suidpunt van Afrika en 'n pragtige dorpie. Ek voel dit is belangrik vir enige toeris om daar 'n draai te maak."
"Goed geleë, baie naby Hermanus en Gansbaai waar ons baie walvisse gesien het! Nie te ver vanaf Kaapstad nie."
"Baie mooi omgewing. Heelwat om te doen. Ons het selfs een middag Kaap Agulhas toe gery. Gansbaai, Stanford en Hermanus is ook naby."
"Pragtige omgewing met interessante eetplekkies en winkeltjies. Heerlike area om te voet te verken."
"As jy van koffie hou, besoek Coffee Culture langs die toeriste-inligtingskantoor!"
"Ja, definitief net 'n naweek is te kort. Dis 'n pragtige historiese dorp en lekker interessante dinge om te sien, daar is ook lekker grondpaaie om te verken, soos byvoorbeeld om oor Malgas se pond te gaan. Hou die dorp net so."
"Ons was net jammer dat die Faerie Sanctuary nie oop was nie! Sal volgende keer ons tyd so inruim dat dit in seisoen is!"
"Greyton is in 'n ongelooflike mooi vallei geleë en die dorp self is seker een van die mooiste wat ek nog gesien het. 'n Verskeidenheid van interessante eetplekke om van te kies en genoeg vir die hele familie om te doen."
"Hul rol die strate op op 'n Sondagmiddag/aand...geen behoorlike eetplekke nie. Maar die see en omgewing is pragtig, en die dorpie prentjiemooi..."
"Mal oor Swellendam omgewing, baie om te doen in klein radius. Natuurskoon en buitelig-aktiwiteite is legio."
"Absolute pragtige dorpie! Die mense is so vriendelik en behulpsaam! Gaan definitief terug!"
"Lekker ontspanne dorp met baie vis, naby De Kelders, Kleinbaai ens. Gansbaai is 'n besoek werd."
"Rustig met sy eie aangename karakter, as bergfietsryers sal dit lekker wees om inligting oor moontlike roetes in die omgewing te kan kry in brosure of op internet."
"A beautiful town with lots of lovely restaurants, hotels, museums and B&B's. Also close to beautiful nature reserves and national parks and mountains. Drive to the surrounding areas for lots more to see and do."