Verified Reviews
Overberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Overberg
Rated 4.6 out of 5 based on 6539 reviews.
"Daar is so baie om te doen en sien. Dis naby Kleinbaai, Franskraal, Uilkraal en Hermanus. Baie gerieflike en gemaklike vakansiebestemming met alles naby."
"Ons het Gansbaai, De Kelders vir die eerste keer besoek en was baie beïndruk met die dorpie. Ons was in Gansbaai self ook. Die see slaan jou asem weg so mooi is dit. Ek sal beslis weer Gansbaai toe gaan."
"Hermanus is 'n pragtige dorp en ideale vakansie bestemming met baie om te doen."
"Dit is net baie jammer om te verneem dat die bootvissermanne nie kan gaan visvang nie omdat hulle 'n permit moet bekom wat hulle nie kan bekostig nie. Mense moet kos hê om van te lewe en hulle munisipale dienste moet betaal word. Dit sit druk op die res van die gemeenskap. Mense is geneig tot diefstal wanneer hulle swaarkry en Arniston kan nie diefstal toelaat nie."
"Hermanus is Mediterreens, en fastiese staproetes, restaurante en besienswaardighede."
"Baie netjies en paaie goed. Hier die terugvoer is eintlik vir LAlgulas. Veilig kan stap na alles. Vuurtoring binne stap afstand vir ons gewees. Baie dankie."
"Rustig, mooi en skoon dorp met minstens 2 uitstekende eetplekke. Baie gawe mense."
"'n Heerlike wegbreek. Veilig en 'n pragtige dorp. Definitief 'n dorp wat 'n mens kan oorweeg om te gaan aftree."
"Friendly people with great service wherever we went. Weather was great as well."
"Witsand is 'n vakansiedorpie, klein maar lekker, nie baie om te doen vir tieners nie, daar kan Witsand regtig iets aan doen. Die weer is die grootste faktor, maar dis natuur. Natuur is onvoorspelbaar, maar dis nogsteeds 'n wonderlike plek om na te gaan. Ek stel ook voor dat die locals meer vriendeliker moet wees, veral in die winkels. Beter bakens/boeie op die rivier sit. Dis vir nuwe mense met bote om die sandbanke mis te ry, volg Knysna lagoon se voorbeeld met die boeie. Ek gee Witsand 8/10, lekker plek."
"If you need peace and tranquillity, Betty's Bay is the place for you. Beautiful white, sandy beach to take a stroll on. Not loads to see, yet you are situated centrally between Somerset and Hermanus that has plenty."