Geverifieerde Resensie
Panorama Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Panorama Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1616 resensies.
"Baie naby aan alles, die vriendelikste mense in die dorp en alles is so naby en bekombaar."
"Paaie na die watervalle is in baie slegte toestand. Geen kennisgewing by watervalle wat aandui wat toegang kos nie. Watervalle moet liefs in groepe besoek word. Dis nie veilig genoeg vir enkel reisigers nie. Sabie is naby genoeg aan Graskop en die toeristeaantreklikhede daar."
"Baie sentraal geleë om besienswaardighede in die omgewing te besoek. Ongelukkig was baie van die paaie in die omgewing in 'n haglike toestand - veral op pad na Hazyview - verskriklike slaggate. Dorp self was goed met genoeg winkels, petrol stasies, ens. Oulike boekwinkel in dorp."
"If you love nature, trail running and hiking then Graskop is the place to be."
"Sabie is a relaxed area. We have not experience/notice any crime during our stay."
"Pragtige plekke om te sien in Graskop. Net jammer die dorp is nie lekker ingerig vir toerisme nie. Nie baie eetplekke nie. Dorp is bietjie verwaarloos."
"Beautiful and refreshing to the soul - peaceful location with so much to do and explore."
"Graskop se paaie en dorp kort beslis 'n opknap. Sabie was definitief 'n beter opsie om winkels te besoek. Graskop Gorge is pragtig en Big Swing was bo ons prysklas, alhoewel ons darem gratis toegang kon kry omdat ons gaste by Mogodi Lodge was, maar kon nie deelneem aan die bedrywighede nie."
"Ons is baie lief vir die area en pragtige natuurskoon en sal vir seker weer gaan. Die beste is om toeriste attraksies baie vroeg in die oggend te besoek om groot skares te vermy."
"A small little friendly town with access to essentials. It was very central from the falls and the scenic drive in Sabie and surrounds were breath taking."
"As toeristebestemming het Sabie agteruit gegaan en die paaie is onbegaanbaar met al die slaggate. Daar is wel een of twee goeie restaurante maar Covid19 het die Curio winkels en ander besienswaardighede nadelig beïnvloed. Die pad na Pelgrimsrus en Graskop asook na Witrivier en Nelspruit is goed. Die pad na Hazyview is baie sleg en vol slaggate."
"Cute little Hamlet, the semi feral horses being an additional attraction. Be sure to bring all your own groceries, there are no grocery shops in the town. Hiking the escarpment, pear orchard and down to battery falls via the cemetery is a must. Enjoy!"
"It was a centre for most interesting places, however some roads are full of potholes, that is the one negative thing we noticed, we would be happy if that could be attended to."