Geverifieerde Resensie
Parys
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Parys bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 938 resensies.
"Eks mal oor Parys. Die hele dorp is pragtig met al die kuns en outhede winkels. Dis definitief 'n moet!"
"Parys is teleurstellend. Die geboue is oor die algemeen vervalle. Die winkeltjies is duur met min verskeidenheid. Die paaie is vervuil met slaggate. Daar is baie eetplekke om van te kies maar hulle was omtrent almal toe op die Maandagaand. Die dame by die Inligtingsentrum was baie hulpvaardig. Tydens ons verblyf was daar 'n groot haelstorm en baie reën so ons kon nie by die rivier uitkom nie."
"The town is very dirty and the municipality should really invest in repairing the potholes. Overall the town looks "tired" and the only area that is still vibrant is the main street with the art and antique shops."
"We were in Parys for the Parys/Madeira flower festival - absolutely fabulous. Will definitely be back next year!"
"Lekker dorpie. sou groter kunswinkels wat modern en ou kunstenaars se kuns aanhou waarder het. En dalk iewers 'n parkie waar mens veilig kan gaan stap."
"Heerlike naweek wegbreek bestemming. Rustig en lekker om Afrikaans te kan praat oral waar ek gaan. Ware plattelandse ervaring."
"A bit expensive but the area is beautiful in every sense of the word, so well worth it."
"Alhoewel dit skoolvakansie was, het meeste winkels en eetplekke teen 17:00 gesluit. As vreemdelinge in Parys moes ons maar vir Dr. Google nader om 'n restaurant te soek wat darem 19:00 nog oop is."
"Die natuurskoon van die omgewing word onder bemark en baie kuieremense sien net die hoofstraat met sy groot verskeidenheid winkels raak, sonder om gebruik te maak van die avontuur/natuur geleenthede van die omgewing."
"Baie meer as wat ek verwag het. Sou graag langer daar wou spandeer om die omgewing beter te leer ken."
"Straat aanwysing is nie aangebring op alle paaie nie, dit bemoeilik om vinnig by adres uit te kom."
"Parys se winkeltjies was altyd uniek, maar dit raak nou afgewater elke winkel het dieselfde produkte, eetplekke is ook nie op standaard en diens nog minder."
"Parys is a lovely town - quite and peaceful. I love all the small shops, however, I think they can clean the riverside more."
"Ek is mal oor Parys. Sal graag permanent daar wil gaan woon. Skoon, netjiese dorpie wat nou vreeslik vinnig uitbrei. "