Geverifieerde Resensie
Paternoster
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Paternoster bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1702 resensies.
"Paternoster is een van die mooiste juwele van die Weskus. Die vars seelug en skoonheid is lafenis vir 'n Gautenger se siel!"
"I would recommend eating at The Noisy Oyster. We had fabulous (enormous) oysters and the best hospitality and service. So much so that we went there twice during our weekend stay. Camilla also has a quaint shop adjoining the property and make superb coffee and other treats."
"Een ongemaklikheid is dat daar geen besigheidsplekke na 19:00 oop is nie. Was op soek na pynpille vir my dogter wat maagkrampe gekry het. Andersinds fine."
"Een van die beste wegbreek plekke aan die Weskus. Geniet die dorp en sy mense en alles wat mens daar kan doen, van die unieke eetplekke tot die bierbrouery. Een van ons gunsteling plekke. Nie te praat van die kreef wat van tyd tot tyd beskikbaar is soos die kreefseisoen dit toelaat. Altyd lekker!"
"Love this town. We visit twice a year. We had a terrible experience at the hotel in 2016. Will never go back to that venue. But the rest of Paternoster is amazing!"
"'n Plek van rustigheid, besondere besigtighede, restaurante en pragtige strande. Die dorp het baie karakter as vissersdorpie, inwoners baie vriendelik, het baie veilig hier gevoel. Een van beste plekke wat ons in 'n lang tyd besoek het."
"Pragtige lang, uitgestrekte strand met oulike winkeltjies vir geskenke, talle uitstekende restaurante, kunsgalerye, ens. Heerlike vars vis te koop direk van die vissers af. Nog baie ongerep. Die perfekte vakansiebestemming."
"So many restaurants and shops. You need a lot of time to visit them all! Pretty beaches and an authentic community atmosphere."
"Paternoster is ons gunstelingwegbreekplek aan die Weskus. Die dorp se kultuur is uniek en daar is 'n groot verskeidenheid restaurante en winkeltjies. Die strande is lank en waarlik pragtig. Die sonsondergange is onverbeterlik. Regtig 'n great plek vir 'n romantiese wegbreek."
"Lieflike dorpie. As jy rustigheid en natuurskoon soek is dit die plek vir jou. Vissersdorpie-atmosfeer op sy beste veral in kreefseisoen. Sal weer en weer teruggaan. Ander mooi strande bv Yserfontein/ St Helenabaai/ Langebaan is lekker naby as jy net wil ry om te gaan kyk."