Geverifieerde Resensie
Paternoster
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Paternoster bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1848 resensies.
"Paternoster is 'n goed geleë dorpie langs die Weskus om die res van die Weskus te verken. Verskeie restaurante om elke smaak te bevredig. Die nuwe Paternoster waterfront is 'n goeie toevoeging tot die toerismebedryf. Maak tyd om E-bikes te ry en op die rustige waters in die baai met 'n kayak te ontspan."
"Baie mooi area, maar smouse is ’n groot probleem. Ook baie vuil strate met rommel wat op die strand en voor restaurante lê. Ek vermoed dat diefstal 'n probleem kan wees en sal nie alleen langs die strand gaan stap nie."
"Paternoster is a great place. Been there many a time with many pleasant memories."
"Dit was die eerste keer dat ons ’n naweek in Paternoster deurgebring het en is nou absoluut verlief op die dorpie. Outentieke Weskus gasvryheid op sy beste! "
"Paternoster is 'n pragtige, skoon kusdorpie met vriendelike inwoners ek oulike eetplekke."