Geverifieerde Resensie
Paternoster
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Paternoster bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1533 resensies.
"Paternoster is 'n pragtige plek, maar maak net seker in watter deel van die dorp jy bespreek ... jou buurman versteur dalk die rus en vrede met harde musiek; onaardige rookreuke; kuiergaste en geskel en skree waarvoor ek as vakansieganger glad nie lus gehad het nie, maar sal beslis weer teruggaan om dit behoorlik te geniet."
"Book your restaurants well in advance or you will not get a table easily, especially in December. Most restaurants are closed over Christmas and New Year."
"'n Mens sal net verwag dat restaurante gedurende die feesseisoen later as 21:00 sal oop bly! "
"Beweerde misdaad waarteen almal ons gewaarsku het, is ontrustend en dit bring 'n negatiewe aspek in by die verblyf, want ons kon nie werklik ontspan en rus nie. "
"Mooiste vakansiebestemming. Net jammer dat van die restaurante 'n redelike arrogante houding het as jy net 2 mense is. "
"Have to visit. It is a quaint and idyllic West Coast town unlike many you will ever see."
"Dit was regtig 'n belewenis vir ons Sweedse vriende om hierdie unieke dorpie te ervaar. Hulle het ook die Voorstrand Restaurant baie geniet. Tietiesbaai was ook 'n hoogtepunt!"
"Loved the overall friendliness and helpfulness of the Paternoster residents would definitely recommend to family and friends a beautiful lovely destination. "
"Paternoster is 'n Weskusdorpie wat mens nie moet mis nie. Daar is heerlike restaurante, pragtige gastehuise en 'n strand wat wyd strek. Die winkeltjies is oulik en verkoop sonderlinge ware wat mens nie oral sal kry nie. Die vars vis en kreef wat mens direk van die bote af kan koop en wat proe soos see, is 'n definitiewe trekpleister. Alhoewel die wind kan waai, is Paternoster 'n plekkie wat ek oor en oor en oor sal besoek."
"'n Fantastiese vakansiedorp met karakter en wonderlike mense. Verseker 'n moet op almal se lysie."
"Maak seker jy gaan eet by die vele restaurante - van die beste in Suid-Afrika!"
"Paternoster is 'n plekkie waar mens nie veel winkels moet verwag nie. Hul kan net gerus ook op Sondae en Maandae oop wees. Dit lyk of die dorp Sondagmiddag toemaak, en eers ontwaak op 'n Dinsdag oggend! Ons het ongelukkig Sondag middag 3 uur daar aangekom, en Dinsdag oggend weer moes ry. Ons het direk van die lughawe daar aangekom, en was nie voorbereid dat daar niks oop sal wees nie. Buiten dit, pragtige dorpie!"
"Dit is 'n pragtige Weskusdorpie, sal seker altyd wees. Dit raak net amper te besig daar, maar dit bly 'n pragtige dorp en die omgewing is beeldskoon."