Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Struisbaai

+4

Beskrywing

Struisbaai le daar waar die Indiese en Atlantiese oseane mekaar ontmoet, net 4 km van Agulhas af. Daar heers 'n onsekerheid oor die naam se oorsprong. Sommige mense is van mening dat dit "Strooibaai" beteken, want die vissermanne se kothuise is oorspronklik van strooi gebou. Ander beweer dat die naam van die Nederlandse "vogelstruijs" (Afrikaans: volstruis) afgelei is, omdat hierdie area baie volstruise het wat die land met melkkoeie en merinoskape deel. Dan is daar die wat beweer dat die grootte van die dorp aanleiding tot die naam gegee het, want die naam is afgelei van 'n ou Nederlandse woord vir "groot".

Wat wel seker is, is dat 'n wegbreek na Struisbaai jou van die stad se lawaai sal vergeet. Wandel op die langste onafgebroke Witsand-Strand in die Suidelike Halfrond, swem, skubaduik, of besoek die hawe waar vissermanne hengel en visvang. Hierdie pragtige area inspireer alle mense, van kunstenaars en fotograwe tot gewone mense wat net wil ontspan.

Loer gerus hieronder deur al die lekke opsies vir akkommodasie.

Kaart

As jy al so ver gekom het, het jy dit duidelik geniet om oor Struisbaai te lees! Hoekom maak jy nie 'n vakansie daarvan nie? Kliek hier om meer akkommodasie–opsies in Struisbaai te sien.
Sien Akkommodasie
Kliek hier om meer akkommodasie–opsies te sien
Kliek hier om terugvoer te gee. Laat weet ons asb. as iets op dié webblad verouderd of onakkuraat is.
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem