Geverifieerde Resensie
South Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in South Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 1982 resensies.
"Het al die jare in Margate vakansie gehou, maar die laaste tyd het dit maar agteruit gegaan en nie meer skoon soos vroeër nie. Dis hoekom ons eerder Ramsgate verkies."
"Persone wat die kus besoek gaan om in die see te baljaar, maar weens E. coli-besoedeling is dit tans ontoegangklik weens vloede wat daar was. Dit is 'n gerieflike bestemming ver genoeg van Durban, maar naby aan die attraksies wat Durban bied vir vinnige heen en weer ry."
"Port Shepstone is goed geleë. Bied rustige omgewing, maar na genoeg aan Margate, as meer soek om te doen."
"Our family go every year it's the best destination for a holiday. Prices are reasonable, the weather is always good, and people are so friendly."
"Baie oulike vakansiedorp, paaie is bietjie sleg en vol potholes, maar anders baie oulik."
"Lieflike plek met baie vriendelike mense wat gereeld raad gegee het oor die visvangplekke."
"The sewerage maintenance of the municipality needs to get up to speed, otherwise the town will lose tourism money."
"Strande was lanklaas so skoon. Dankie aan elkeen wat hard gewerk het om dit so te kry na al die vloede."
"Alles in Kinsburgh is minder as 5 min se ry ver so dis 'n perfekte bestemming vir mense wat beplan om nie te ver van die huis af te gaan nie. As jy wel verder wil gaan is Amanzimtoti baie naby en Durban is net 'n 20 minuut rit weg."
"Dit is 'n lieflike plekkie om te rus, en die mense is vriendelik. Daar is verskillende strande en oulike winkelkomplekse."
"Port Shepstone is okay. It's the other little places around Port Shepstone that makes the South Coast."