Resensies van Garden Route

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.67 uit 5 gekry volgens 8599 resensies.
Annel C. - 23rd July 2018
staying in Linkside, Tuinroete
Dit is pragtige rustige en veilige gedeelte van Mosselbaai. En nog steeds baie sentraal aan alles.
Tokkie S. - 23rd July 2018
staying in Keurboomstrand, Tuinroete
So 'n mooi deel van ons land.
Caroline S. - 23rd July 2018
staying in Sentraal Mosselbaai, Tuinroete
Sentraal Mosselbaai is geleë naby al die mooi dele van Mosselbaai.
Kobus S. - 23rd July 2018
staying in De Rust, Tuinroete
Ons sal beslis terugkom na De Rust, dit is 'n netjiese Karoo-dorpie met baie om te sien en doen op die dorpie self en omliggende omgewing.
Maritza D. - 23rd July 2018
staying in Denneoord, Tuinroete
Pragtige buurt!
Hilde M. - 23rd July 2018
staying in Heroldsbaai, Tuinroete
Heroldsbaai was fanatsies! Was 'n heerlike vakansie.
Tania D. - 22nd July 2018
staying in Jongensfontein, Tuinroete
Hierdie plek is my hart se punt!
Nicola R. - 22nd July 2018
staying in De Rust, Tuinroete
A sweet little town and a good place to relax. But too many huge trucks zooming up and down at high speed.
Gerhard R. - 22nd July 2018
staying in Brenton-on-Sea, Tuinroete
Alles was puik.
Lourens V. - 21st July 2018
staying in Hartenbos, Tuinroete
Het nie kans gehad om te verken nie, maar sal graag daar 'n paar dae wil oorbly om te sien wat daar aangaan.
Piet V. - 21st July 2018
staying in Heidelberg, Tuinroete
Heidelberg het oor die jare tog uitgebrei en is definitief die moeite werd om te besoek.
Madeleine B. - 21st July 2018
staying in Die Crags, Tuinroete
Fantastiese besoekpunte! Pragtige natuur en dierelewe! Was werklik besonders en dis wonderlik dat als baie naby aan mekaar geleë is! 'n Plek in ons land wat moet besoek word!
Jeanni C. - 21st July 2018
staying in Plettenbergbaai, Tuinroete
Kan Birds of Eden, Monkeyland en Jukani aanbeveel. Dit is interessant vir jonk en oud!
Patricia Elizabeth F. - 20th July 2018
staying in Jongensfontein, Tuinroete
Jongensfontein is beslis vir mense wat die kleindorp-gevoel van die kus waardeer. Rustig en pragtig- hier is pragtige uitsigte as jy gaan stap, lekker visvang plekkies en baie speelplek vir die kinders. Die winkel, drankwinkel en restaurant is is stapafstand van omtrent al die huise af. Groot winkels en vermaak is 10 minute weg in Stilbaai. Beslis een van my gunsteling vakansie-bestemmings!
Louwrens E. - 19th July 2018
staying in Mosselbaai, Tuinroete
Pragtige plek en die Hartenbos Museum is 'n moet.
Cecilia K. - 19th July 2018
staying in Heatherlands, Tuinroete
Baie netjiese omgewing en nie in die bedrywige deel van George nie, maar wel naby die hospitaal indien jy dit sou nodig kry.
Lynn S. - 19th July 2018
staying in Wildernis, Tuinroete
Baie lekker.
Michelle H. - 19th July 2018
staying in Hartenbos, Tuinroete
Familie vriendelik. Die travel-n-biki daar het ons ook mooi gehelp om twee spesiale uitstappies te reël en doen.
Gerhard F. - 18th July 2018
staying in Heatherlands, Tuinroete
Goeie basis om omgewing vanaf te verken.
Mariette P. - 18th July 2018
staying in Sedgefield, Tuinroete
Pragtige dorp met hartsmense!
Sherene H. - 18th July 2018
staying in Groot-Brakrivier, Tuinroete
Groot Brak is a great holiday destination with a lovely beach and lagoon. The town has several restaurants and shops to supply in all your needs. It is also close to other places of interest like George and Mossel Bay.
Jess B. - 18th July 2018
staying in Heroldsbaai, Tuinroete
Heroldsbaai self is n lieflike plek.
Johan B. - 18th July 2018
staying in Hartenbos, Tuinroete
Pragtige see vakansie-bestemming met baie om te doen. Vriendelike mense en kuier altyd heerlik.
Johan B. - 18th July 2018
staying in Mosselbaai, Tuinroete
Wonderlike weer regdeur die jaar. Pryse van verblyf is bekostigbaar.
Dirk G. - 17th July 2018
staying in Witsand, Tuinroete
Witsand is een van ons gunsteling vakansie bestemmings. 'n Plek waar die kinders hulself kan geniet weg van tegnologie af an waar ons kan rus. 'n Moet vir vissermanne, met n groot verskeidenheid van spesies en tussen die Breederivier en die oseaan is daar altyd 'n plekkie waar jy jou lyn kan gaan natmaak.
Theo D. - 17th July 2018
staying in Brenton-on-Sea, Tuinroete
Pragtige bestemming met toegang tot 'n ongelooflike mooi strand met blouvlagstatus. Die gemeenskap van Brenton-on-Sea en Knysna verdien 'n pluimpie vir hul vasberade pogings om op die been te kom na die groot brande van Junie 2017!
Rubin A. - 17th July 2018
staying in Oudtshoorn, Tuinroete
Dorp is mooi skoon.
Hennie K. - 17th July 2018
staying in Hartenbos, Tuinroete
Moet nie jou karavaan se deur oop los nie.
Marica N. - 17th July 2018
staying in Voorbaai, Tuinroete
Lekker sentraal vir rondrits in die omgewing.
Marlene S. - 17th July 2018
staying in Knysna, Tuinroete
Die mense in Knysna is saamgesnoer deur die brande verlede jaar en baie slegte herinneringe is vir ons vertel maar meer nog die goeie dinge wat daardeur gebeur en plaas gevind het rondom hul ondervindinge. Hulel vertel almal net van die gemeenskap wat so saam gestaan het en hulp wat van orals oor ingestroom het.
Annelien V. - 17th July 2018
staying in Oudtshoorn, Tuinroete
Wat 'n besonderse skoon en vriendelike plek! Sal weer Oudtshoorn toe gaan.
Sanette V. - 17th July 2018
staying in Oudtshoorn, Tuinroete
Dis 'n baie netjiese en skoon dorp.mHulle doen baie moeite om hul ou geboue netjies in stand te hou. Lekker eetplekke en vriendelike mense.
Sally T. - 17th July 2018
staying in Oudtshoorn, Tuinroete
Sal alles gee om daar te gaan woon. Ons grootste droom.
Magda C. - 17th July 2018
staying in Oudtshoorn, Tuinroete
Wonderlik. Almal is vriendelik. Sal dit vir enige iemand aanbeveel.
Clifford J. - 17th July 2018
staying in Voorbaai, Tuinroete
Baie lekker en veilige area om te kuier.
Melany F. - 16th July 2018
staying in Oudtshoorn, Tuinroete
Dis 'n oulike dorp met genoeg om te doen. Daar is als wat mens wil hê behalwe 'n fliek. Maar nogmaals is dit 'n lieflike plek.
Danvin S. - 16th July 2018
staying in Tergniet, Tuinroete
Pragtige uitsig, rustige area en baie veilig.
Hester C. - 16th July 2018
staying in Sedgefield, Tuinroete
Rustige dorp met vriendelike mense en 'n pragtige omgewing.
Deon H. - 16th July 2018
staying in Bodorp, Tuinroete
Dis 'n rustige stil en natuurskoon area naby alle geriewe en winkels. Baie sentraal geleë en ook nie ver van bekende toeriste aantreklikhede nie.
Lourika N. - 16th July 2018
staying in Oudtshoorn, Tuinroete
Fantastiese dorp met soveel aktiwiteite om saam as 'n gesin te doen. Sal definitief die dorp aanbeveel vir 'n besoek.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za