Resensies van Garden Route

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.67 uit 5 gekry volgens 8599 resensies.
Adelle B. - 4th July 2018
staying in Herold, Tuinroete
Die dorpie self is klein en gevul met geskiedenis maar is omring deur die mooiste natuur tonele.
Nieske V. - 4th July 2018
staying in Sedgefield, Tuinroete
Sedgefield is 'n lekker stil dorpie en nog steeds naby alle toeriste attraksies in die gebied.
Piet B. - 4th July 2018
staying in Jongensfontein, Tuinroete
Hou van die plek, het 'n massiewe mussel cracker gevang, so is 'n happy chappie.
Nelia G. - 4th July 2018
staying in Hartenbos, Tuinroete
Hartenbos is die beste vakansieplek. Skoon omgewing en vriendelike diens orals.
Debbie D. - 3rd July 2018
staying in Jongensfontein, Tuinroete
Lovely, peaceful and relaxing! Beautiful scenic surroundings with awesome views!
Angie C. - 3rd July 2018
staying in Myoli Strand, Tuinroete
Fantastiese strand!
Stephanie J. - 3rd July 2018
staying in Sedgefield, Tuinroete
Sedgefield is baie veilig as jy as 'n gesin of enkel persoon daar gaan vakansie hou.
Corna D. - 3rd July 2018
staying in Hartenbos, Tuinroete
Die atmosfeer in Hartenbos is altyd aangenaam.
Francois J. - 3rd July 2018
staying in Keurboomstrand, Tuinroete
Ongelooflik, vir beide volwassenes en kinders. Blyk 'n veilige strand te wees.
Bonita C. - 3rd July 2018
staying in Stilbaai-Wes, Tuinroete
Dit was heerlik om Stilbaai te verken. Dit is regtig 'n baie mooi en rustige dorp en definitief 'n kuier werd. Ons het als gaan voer by die Pallinggat, gaan kyk na die visvywers van die Khoisan, van die staproetes gaan stap en na die walvisse in die baai gekyk. En daar is baie oulike winkeltjies om te besoek.
Adrian M. - 3rd July 2018
staying in Hartenbos, Tuinroete
Ons gaan al vir die afgelope 9 jaar Hartenbos toe in die Junie/Julie skool vakansie. Dis 'n baie lekker vakansie plek. Dis net jammer dat die atmosfeer nou bietjie verander het vandat die mall daar is en die pretpark verander het. Daar is nie nou meer veel vermaak vir die kinders nie.
Marius J. - 2nd July 2018
staying in Knysna, Tuinroete
Ons kom weer!
Elize O. - 2nd July 2018
staying in Witsand, Tuinroete
Pragtige bestemming.
Lezl V. - 2nd July 2018
staying in Thesen Islands, Tuinroete
Fantastiese area.
Lorraine E. - 2nd July 2018
staying in Groot-Brakrivier, Tuinroete
Pragtige strand, vriendelike mense.
Jonathan A. - 1st July 2018
staying in Stilbaai-Wes, Tuinroete
'n Veilige en vriendelike dorp. Nog baie ruimte vir verbetering. Miskien die moontlikheid van 'n winkelsentrum met groot name sal ideaal wees.
Danie L. - 1st July 2018
staying in Oudtshoorn, Tuinroete
Die dorp en die omgewing het baie om te doen en te geniet. Kultuurhistories, natuur, boerderye, ens. Dit is die ideale plek om 'n paar dae oor te bly op pad tussen vele ander bestemmings. Ek dink net die dorp kan meer doen om besoekers met inligting te voorsien terwyl jy as toeris daar is; ons het maar baie opgelees andersins het jy ook nie geweet waar om te gaan nie. Ook nie juis toeristevriendelike winkels met produkte van die omgewing nie. Dit is egter maar dieselfde probleem by meeste bestemmings in ons land.
Jeffrey H. - 1st July 2018
staying in Sentraal Mosselbaai, Tuinroete
Mosselbaai is pragtig en mense baie vriendelik, perfekte vakansie bestemming.
Daleen A. - 30th June 2018
staying in Pinnacle Point, Tuinroete
'n Moet vakansie plek. Rustig en baie veilig.
Johlene E. - 30th June 2018
staying in Santosbaai, Tuinroete
Lekker rustige plekkie by die see. Iemand wat so 'n trein ervaring wil beleef sal ons dit aanbeveel. Maar weereens soos met alle toeriste betrekkinge jy kry waarvoor jy betaal.
Marthinus J. - 29th June 2018
staying in Gouritsmond, Tuinroete
We bought a place in Gouritzmound and that says it all.
Hanli K. - 29th June 2018
staying in Gouritsmond, Tuinroete
Ons ken Gourits baie goed. Het 27 jaar daar gekamp. Dit is 'n pragtige bestemming. Rustig, min besighede, gawe mense, baie mooi lewendige see en pragtige uitsigte oor die mond. 'n Plek vir ver stap, rotse loop en klipvis vang, lees, voëlkyk, visvang, gesels, vleis braai. Gawe inwoners. 'n Plek van vrede. Besoek gerus die kerk op 'n Sondag. Dit is 'n ervaring, veral oor die Kerstyd.
Carolina T. - 29th June 2018
staying in Oudtshoorn, Tuinroete
Just the best!
AHMED A. - 28th June 2018
staying in Wildernis, Tuinroete
One of the most beautiful cities in South Africa.
Reinet P. - 28th June 2018
staying in Wildernis, Tuinroete
Ongelooflik mooi.
Colin M. - 28th June 2018
staying in Heroldsbaai, Tuinroete
Lovely place to visit. Very peaceful. Not many shops or restaurants but George is not far away.
Zelda V. - 28th June 2018
staying in Stilbaai-Wes, Tuinroete
Stilbaai is 'n baie lekker vakansie dorp.
Llewellyn A. - 27th June 2018
staying in Hartenbos, Tuinroete
Exciting and cool.
Annelie O. - 26th June 2018
staying in Pinnacle Point, Tuinroete
Pinnacle Point is die ideale vakansie plek vir die hele gesin. Veilig en pragtige natuurskoon. Ideale ligging.
Luan D. - 26th June 2018
staying in Mosselbaai, Tuinroete
Geen beter vakansieplek in die land as Mosselbaai nie. Ons het al Weskus probeer maar keer elke keer terug Mosselbaai toe.
Jason N. - 26th June 2018
staying in Hartenbos, Tuinroete
Very neat place indeed.
Gerrit A. - 26th June 2018
staying in Tergniet, Tuinroete
Naby aan als wat nodig is, maar ook ver genoeg.
Michael E. - 26th June 2018
staying in Sedgefield, Tuinroete
Die markte op Saterdae is verseker 'n moet. Daar was ook iemand met daai self-balance scooters. Dit is 'n moet.
Simone M. - 26th June 2018
staying in Oudtshoorn, Tuinroete
Pragtige plek met baie om te doen en sien vir familie!
Corrie H. - 26th June 2018
staying in Tergniet, Tuinroete
Bit far with the petrol price, but loved the beaches.
Jaco O. - 25th June 2018
staying in Sentraal Mosselbaai, Tuinroete
Daar is klomp besighede en plekkies om te gaan in Sentraal Mosselbaai, maar mens sal na die ander areas ook moet gaan. Vir vakansie mense sal dit miskien nie genoeg wees om hulself mee besig te hou nie.
Pieter J. - 25th June 2018
staying in Glentana, Tuinroete
Die Paradys!
Sonet D. - 25th June 2018
staying in Witsand, Tuinroete
Lekker klein kusdorpie. Het die voorreg gehad om 'n walvis met haar kalfie te sien.
Madeleine K. - 25th June 2018
staying in Danabaai, Tuinroete
Lekker naby aan Mosselbaai en dit sal 'n baie lekker vakansie in die somer wees. Strand is asemrowend.
Taryn P. - 25th June 2018
staying in Wilderness Heights, Tuinroete
Baie mooi en veilig.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za