Geverifieerde Resensie
Garden Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 9657 resensies.
"Pragtige plek met die mooiste natuurskoon. Vir seker 'n plek waarheen elkeen moet gaan. Dit bring rustigheid oor mens se siel."
"Aangename slow-town ervaring as jy rustigheid geniet en nog steeds basiese geriewe en kruideniersaankope wil doen. "
"Ons was aangenaam verras deur die grootte van Stilbaai. Heerlike eetplekkies en winkeltjies om in rond te snuffel. Mense oor die algemeen baie vriendelik. Dorp is besonder netjies en paaie het nie slaggate in nie."
"Heroldsbaai is 'n pragtige plek. Ons was daar buite seisoen en dit was heerlik stil. Ons het geen probleem met straatparkering gehad nie. Strand en hele dorpie is skoon en mooi onderhou."
"Die area is heerlik en pragtig en vir seker elke sekonde werd. Die weer het wel nie elke dag so mooi saam gespeel nie, maar dit was steeds heerlik. Baie beïndruk met die skoon en pragtige natuur. Wens so dat daardie sienswyse reg oor die land sal plaasvind."
"Dit is 'n wonderlike plek om na toe te gaan as die weer lekker is. Daar is baie aktiwiteit om te doen in die natuur. "
"Desember vakansies is parkering in Heroldsbaai 'n groot probleem, maar die ligging is fantasties en maak op daarvoor."
"Hartenbos is seker een van die skoonste dorpies wat ek in 'n baie lang tyd gesien het. Alle persone, ongeag waar jy iets koop, bestel is baie vriendelik en help graag. Die lekkerste van alles hier praat ons nog Afrikaans."