Geverifieerde Resensie
Garden Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 9657 resensies.
"Mooi skoon en rustige dorpie, sal weer terug gaan. Natuurskoon mooi met staproetes om te doen. "
"George kan so veel meer lewer. Museum kort hulp, vervoer vir die toeris wat nie 'n motor huur nie na Vic Baai en Wildernis bv. is 'n moet en waar is die gesellige eenman-bestuurde instansies waar mens 'n ete kan geniet om die plaaslike bevolking te help?"
"Die hoofroete deur Knysna is baie stiller a.g.v. die waterfront en 'n mens kom dit dadelik agter versus vorige jare. Restaurante baie duur in waterfront. "
"Joubertina self is hie werklik 'n toerismebestemming nie. Daar is darem plek om brandstof te kry en 'n winkeltjie of twee om die nodige dingetjies te koop. Dis meer die Kouga-vallei rondom Joubertina wat die groot aanloklikheid is."
"Ons het meer net oornag en was glad nie in die dorp De Rust nie. Nie werklik die onmiddellike toerisme gaan verneem nie. Volgende keer! "
"Baie plekke om te besoek nie ver uitmekaar uit nie. Krokodilplaas was baie pret."
"Heroldsbaai is 'n wonderlike plekkie om weg te breek van die stad se geraas."
"Mal oor Wildernis. Ons is fietsryers en het baie veilig gevoel op pad na Knysna. Die natuurskoon is 'n belewenis. Sal graag weer in Wildernis gaan kuier."
"Baie mooi en goeie omgewing om 'n wegbreek te maak. Hier kan jy jouself weer vind."
"Die nuwe kompleks in Hartenbos was perfek, veral met die Waterpark reg langsaan. "
"Oudtshoorn is definitief 'n dorp wat baie verskillende aantrekkingspunte het. Ek het by 'n baie goeie restaurant "Black Swan" geëet en dit regtig geniet. Diens en disse was baie goed. Sal definitief in die toekoms my kliënte daarna neem, maar sal definitief vir beter akkommodasie soek."