Verified Reviews
Garden Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Garden Route
Rated 4.7 out of 5 based on 9360 reviews.
"Uniondale is 'n klein juweel waarvan duisende mense vertel moet word. Die dorpie se grootste bate is sy mensvriendelikheid. Bring 'n uur in die dorpie deur en jy sal langer wil bly want jy het dan alreeds vriende gemaak met wie jy langer wil gesels. "
"Dit is 'n pragtige en wonderlike deel van ons land, wil sommer als in Gauteng verkoop en daarheen trek!"
"Stilbaai is net mooi reg geleë om vandaar te ry na enige. Die mooiste en vriendelikste mense is maar seker daar gemaak. Almal het tyd vir mekaar gemaak en knoop gou 'n geselsie met die mense in die winkels aan. Sal enige tyd weer terug gaan Stilbaai toe."
"Bly steeds 'n lieflike plek, net ver van ons af. Kinders uit die huis, so ons besoek nou ander oorde en plekke."
"Witsand is 'n rustige strand niks misdaad of geweld nie. Daar is lekker swemplekke en of lekker vir seilbootritte."
"Baie spesiaal: die bosbokke, fisante en tarentale wei in die tuin - het soos die tuin van Eden gevoel! Danabaai - heerlik rustig en stil!"
"Indien jy nog nie daar was nie en van 'n mooi rustige plek by die see hou... moet jy definitief gaan!"
"George is so sentraal en kan maklik gesien word as 'n wegspringplek na verskeie ander wonderlike dorpe in die omgewing."
"Ons het die Cango Wildlife Park besoek en dit was werklik 'n wonderlike ervaring vir my en my seun. Die Wesbank MTN Leopard Crawl (waarin my seun deelgeneem het) was 'n goed georganiseerde byeenkoms en ons sal definitief weer daaraan deelneem. "
"Dit is 'n wonderlike plek met baie om in die omgewing te doen. Daar is ook lieflike kampeeroorde en ander verblyf naby die dorp. Vir natuur en sport mense is daar oorvloed om te doen. Ons sal altyd teruggaan Plet toe!"