Geverifieerde Resensie
Garden Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 9360 resensies.
"George is 'n pragtige dorp, naby aan ander vakansiebestemmings en daarom 'n ideale plek om oor te slaap en selfs 'n paar dae oor te bly. "
"Alhoewel Oudtshoorn maar 'n stewige rit uit die Kaap is, is ek nooit jammer dat ek so ver gereis het teen die einde van my besoek nie. Met die Kango Grotte wat altyd 'n nuwe ervaring is (maak nie saak hoeveel keer mens al daar was nie), die verskeie wildreservate, interessante winkels, koffiewinkels en restaurante bied Oudtshoorn meer aktiwiteite as wat mens kan inpas in selfs 'n twee weke besoek."
"What a wonderful bunch of people! We only visit De Rust twice a year during Meiringspoort Race in October and Meiringspoort Trail Run in May but every time I am stunned at how they go out of their way to make visitors feel welcome. Their "basaars" with food stalls are amazing and the atmosphere is out of this world. "
"Ek dink Stilbaai is 'n lekke plekkie om af te tree want dis nog veilig en rustig en mens kan lang ente gan stap op die strande. Mooi skoon dorp."
"Rustig met sy eie aangename karakter, as bergfietsryers sal dit lekker wees om inligting oor moontlike roetes in die omgewing te kan kry in brosure of op internet."
"Heatherlands is a suburb of George close to restuarants, shops and with easy access to surrounding tourist destinations. "
"Juis omdat Witsand so klein en rustig is, is dit die ideale plek om te gaan besoek buiteseisoen. En ons het gehoor dat dit behoorlik "kook" binne seisoen. Vriendelike "omgee" mense. "
"Indien dit sonskyn weer is, is daar heelwat om te doen en kan mens dit geniet."
"Knysna se waterfront raak stagnant. Sekere restaurante se diens het uiters swak geraak. "
Baviaanskloof Ingang, Tuinroete
Keurfontein Country House"Alhoewel die Baviaanskloof die hoofrede vir ons besoek was, is daar soveel meer om te doen en te sien in die Willowmore, Baviaans- en Uniondale omgewing. Dit is beslis nog 'n besoek werd."
"Was 'n baie mooi plek. Baie goed om te doen om 'n mens besig te hou. Rustig daar. Heerlike eetplekke! Dit was lekker om die strande te besoek al is dit nie swemstrande nie."
"Die plek is nie vir almal. As jy rustigheid en 'n laid-back atmosfeer soek, kortbroek en plakkies, dan is dit vir jou. En natuurlik vir vissermanne en -vroue. Die naaste mall is in George, maar Nella se Winkel is net 'n kortkop agter."