Verified Reviews
Velddrif
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Velddrif
Rated 4.5 out of 5 based on 398 reviews.
"Baie lekker vir iemand wat wil gaan ontspan en batterye laai weg van die stadslawaai en liggies."
"Die omgewing is netjies en skoon en 'n positiewe beeld wat uitgedra word deur die inwoners en plaaslike Munisipaliteit."
"Velddrif kan groei in 'n lekker toeristebestemming. So 'n plek soos Laaiplek Hotel sal moet opgradeer met hulle diens."
"As jy 'n voëlkyker en fotograaf is sal die Bergrivier jou aanstaan, want daar is regtig 'n besonderse verskeidenheid watervoëls. Of as jy jou eie boot het en lief is vir visvang. Verder is daar min om te sien en sal Paternoster meer aan te beveel wees."
"Ons sal graag wil eendag op die boat trips gaan wat daar deur beweeg, ons was ook by die jetty waar hulle visvang."
"Velddrif is altyd 'n mooi plek om te besoek en mense baie gasvry. Ons is baie lief vir Velddrif!"
"Hierdie plek is lieflik! Gaan Bokkomlaan toe, doen 'n rit op die Crackling Rosie, moenie die fossielpark mis nie en gaan sien Emmertjie se meer as moeite kos!"
"Velddrif is ’n lekker dorpie met baie dinge om te doen. Ek sal definitief weer gaan."
"Langs die Bergrivier is daar plaas opstalle van 1715, 1744 ens - hoekom word dit nie soos in Stellenbosch meer bekend gestel en met toeriste gevul nie? Die geskiedenis is daar, die geboue is daar, die omgewing het alles, hulle kort bekendstelling, bietjie blootstelling, en meer toeriste sal kom!"
"Some wonderful restaurants and pubs, in particular Charlies and Vaaitjies. This, in addition to some great, old school hospitality which is lost in Cape Town."