Verified Reviews

Vosburg

All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Vosburg

Rated 4.1 out of 5 based on 114 reviews.

Vosburg

Elvee Accommodation

"Vosburg is 'n mooi dropie, kort net hier en daar 'n besigheid waar jy die nodige items kan koop wat jy by die huis vergeet het."

Vosburg

Elvee Accommodation

"Die kerk en die museum is 'n moet-kyk. Die Die Ketel Koffie Huis en tuisnywerheid is ook 'n treat."

Vosburg

Karoo Pomp

"Pragtige klein dorpie. Het heerlik en rustig rondgeloop in die stofstrate."

Vosburg

Elvee Accommodation

"Nie veel gesien nie. Goeie ligging op pad na blommekyk."

Vosburg

Elvee Accommodation

"Vosburg word, anders as baie ander kleiner plattelandse dorpies, mooi in stand gehou en het 'n baie mooi kerk wat regtig die moeite werd is om te besoek. Mens ervaar die tipiese Karoogasvryheid oral waar jy beweeg en/of met die mense praat. Ons wil graag weer daar oorslaap en meer leer van die dorp en sy mense. Vosburg is ook ongeveer halfpad tussen Gauteng en Kaapstad en dus 'n baie goeie oornagpunt vir al die mense wat nie via die N1 of N12 wil reis nie maar eerder die meer "scenic route", met baie minder verkeer, verkies."

Vosburg

EL JO Karoo Selfsorg Gasteplaas

"'n Rustige en egte Karoodorp, weg van die gejaag, met die nodigste dienste beskikbaar en die mense is so vriendelik en behulpsaam. Dit maak oornagbly in dié omgewing heerlik en aan te bevele."

Vosburg

EL JO Karoo Selfsorg Gasteplaas

"Besoek die Vosburg as julle kan. Nog iets van outydse atmosfeer en belewenis daar te vinde."

Vosburg

Ouma's Kothuis

"Quaint, clean little town with two places to eat. Friendly people. Loved this place."

Vosburg

Elvee Accommodation

"Mooi dorpie."

Vosburg

Môrester Selfsorg Gastehuis

"Dit is 'n baie oulike dorp en die moeitewerd om te besoek."

Vosburg

Vossie-Nes

"Dit is lekker om die Karoo se stil paaie te ry!"

Vosburg

Vossie-Nes

"Vosburg was 'n groot verrassing. Die dorp is in 'n baie goeie kondisie. Net baie stil. Wat vreemd, maar nie onaangenaam, was nie. Ons het die duisende swaeltjies en mak kraai baie geniet. Selfs die baie sprinkane was 'n groot belewenis."

Vosburg

Vossie-Nes

"Vosburg is 'n moet oornag geleentheid."

Vosburg

Môrester Selfsorg Gastehuis

"Die klein Karoodorpie is seker die rustigste en skoonste dorp in die Karoo. Dit kom altyd voor of die mense van Vosburg weet waaroor die lewe eintlik gaan en dit ook daarvolgens lewe."

Vosburg

Karoo Pomp

"Die dorp is niks nie en als is duur wat daar is, maar dit is platteland en in die boendoes. Maar die paaie is baie mooi en geen potholes nie. "

Vosburg

Elvee Accommodation

"Perfect stop when you are en route."

Vosburg

Môrester Selfsorg Gastehuis

"'n Absolute juweel, sal volgende keer beslis meer tyd daar deurbring. Manna vir die siel."

Vosburg

Môrester Selfsorg Gastehuis

"Vosburg is a delightful surprise - it is clean and tidy, peaceful, beautiful big trees provide shade. The people are very friendly - even the sheep and dogs! Didn't have a chance to visit the pub as it was closed, but was keen to meet more locals."

Vosburg

Môrester Selfsorg Gastehuis

"Vosburg het 'n baie mooi kerk. en is goed versorg en 'n regte plattelandse dorpie waar alles netjies en versorg is. Dankie dat ons Vosburg kon ervaar."

Vosburg

Elvee Accommodation

"As 'n klein plekkie jou hart warm maak, is Vosburg beslis 'n plekkie om nie mis te ry nie!"

Vosburg

Vossie-Nes

"Vosburg kan mens oornag of vir twee aande bly, maar langer glo ek nie."

Vosburg

Môrester Selfsorg Gastehuis

"Vosburg is 'n juweel wat wag om ontdek te word deur die reisiger vir wie die reis deel is van die ervaring."

Vosburg

Elvee Accommodation

"Vosburg is 'n baie, klein plekkie met ongeveer sewe-en-twintig inwoners, maar as die lewe op klein plekkies jou interesseer is dit beslis 'n moet."

Vosburg

Môrester Selfsorg Gastehuis

"Klein, skoon, stil en rustige dorpie met nog tipiese Karoo-boustyl huisies (stoepe teen die grondstrate en hortjies vensters.) Petrolpompe toe van Saterdagmiddag tot Maandag. Naaste dorp so 60 km en nie altyd selfoonontvangs op hierdie pad nie."

Vosburg

Môrester Selfsorg Gastehuis

"Lovely quiet town with extremely friendly residents. "

Vosburg

Vossie-Nes

"As jy daarvan hou om ongestoord klein, plattelandse dorpies met hulle pragtige, historiese argitektuur te verken, dan sal jy beslis van Vosburg hou. Die dorpie is pragtig skoon met 'n wonderlike ou-wêreldse bekoring."

Vosburg

Môrester Selfsorg Gastehuis

"Vosburg is 'n skoon en baie netjiese Karoodorp wat goed in stand gehou word."

Vosburg

Vossie-Nes

"Pragtige, ou dorpie!"

Page
Page 2 - Showing 31 to 60

Welcome to LekkeSlaap

Welcome back!

Reset your password?

Join our newsletter!

Create an account to manage your bookings

Log in to your LekkeSlaap account

Log in to your LekkeSlaap account linked to

Enter your email address to get started

Subscribe to receive special offers