Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 7953 reviews.
"Het dit vreeslik geniet. Soos om 'n lucky packet oop te maak. Pragtige natuur en 'n ongelooflike vibe van ontspan en wees net jouself. Vergeet van al die gejaag en indulge in die natuur en vars lug. Baie lekker gewees en sal vir seker myself gaan haal. Wou net daar bly. Pragtige, moet-koop geskenkies wat mooi herinneringe het en wat my laat plannetjies maak om gou weer daar te gaan kuier. Pragtige dorpie!"
"Jammer dat 'n dorp met so ryk geskiedenis so agteruit gaan in terme van geboue en strate, duidelik te wyte aan swak bestuur."
"Bloemfontein is besig om agteruit te gaan en mens kan dit sien in die besienswaardighede."
Northern Free State, Free State
Puruma Pride Lion Park"Hou maar die weervoorspellings dop indien jy wil kamp."
"Would be nice if there was proper tourist info or even a town map of listed restaurants. I was sent from pillar to post and there was no hiking permit left for the nature reserve at the Protea Hotel. Didn't know most of the shops close at 4pm during the week. More activities for the kids would be nice. As a Muslim, there is not much variety for halaal goods, but I didn't expect it. Didn't find the people very friendly towards us either. Other than that, Clarens is a beautiful little town with breathtaking mountain views. A lovely base to experience the natural surroundings."
"Harrismith was nie ons doel nie. Wou net korter op die pad wees en minder gejaagd wees."
"Ons was nie binne die dorp nie, maar die omgewing is pragtig. Net jamer die paaie is so sleg in die imgewing. "
"Fouriesburg is 'n fantastiese vakansieplek vir mense wat aktief is, daar is baie stap roetes en aktiwiteite om te doen. Daar is ook 2 lekker restaurante wat oop is van oggend tot aand."
"Hou net in die hoofstraat! Die winkeltjies en eetplekke is bobaas. Beste venue vir perdeskoue is beslis die Afridome."
"Goeie restaurante. Baie klein dorpie, nie alles is altyd oop nie. Gebruik Betlehem (naby) vir inkopies."
"Ek glo nie Boshof is soseer 'n toeristebestemming nie, maar wel 'n baie gerieflike oorslaap-area vir daai gedeelte van die Noord-Kaap as jy besigheid het om daar in die area te doen."
"Parys se paaie is bietjie verwaarloos, die koffiewinkel en eetplekke was almal gasvry en ons het heerlik geëet."
"'n Klein dorpie met 'n interessante geskiedenis en vriendelike mense. Kom maak gerus 'n draai hier."
"Ek was in en uit die dorp, maar dit lyk pragtig en skoon en heelwat moderne eet- en koffieplekke."
"Ek's mal oor Clarens en probeer om ten minste een keer 'n jaar soontoe te gaan."