Resensies van Free State

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.35 uit 5 gekry volgens 6645 resensies.
Maria A. - 13th November 2017
staying in Langenhovenpark, Vrystaat
Ons is "park runners| en dit was sommer om die draai.
Frances V. - 13th November 2017
staying in Parys, Vrystaat
Pragtige winkels en heerlike eetplekke.
Anza O. - 13th November 2017
staying in Parys, Vrystaat
Die dorp bied 'n heerlike naweek wegbreek geleentheid uit Pretoria en Johannesburg.
Hennie B. - 13th November 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Excellent art and nature.
Lorraine V. - 12th November 2017
staying in Universitas Ridge, Vrystaat
Gemaklik naby die N1 geleë en baie eetplekke binne bereikbare afstand. Bietjie geraas van verkeer gedurende die dag.
Yolandi F. - 11th November 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Heerlike dorp met 'n regte vakansie atmosfeer, baie om te sien en doen! Daar is net nie juis kruidenierswinkels nie, so pak maar die nodigste in vir die eerste aand of twee. Maar Clarens is 'n moet op elke bucket list!
Paul G. - 11th November 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Will beslis weer daar gaan kuier.
Chris E. - 10th November 2017
staying in Fichardt Park, Vrystaat
Stil en rustig.
Matthys H. - 9th November 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Pragtige dorp, maar die strate is in 'n haglike toestand!
Pieter G. - 7th November 2017
staying in Parys, Vrystaat
Lekker plattelandse atmosfeer.
Johann J. - 7th November 2017
staying in Philippolis, Vrystaat
Die dorp blyk goed versorg te wees.Die kerk en van die geboue in hoofstraat is 'n bewys daarvan.
Annatjie W. - 7th November 2017
staying in Harrismith, Vrystaat
Die paaie is baie sleg en vol gate.
Elizabeth B. - 7th November 2017
staying in Parys, Vrystaat
Lekker dorpie. sou groter kunswinkels wat modern en ou kunstenaars se kuns aanhou waarder het. En dalk iewers 'n parkie waar mens veilig kan gaan stap.
Lonwabo N. - 6th November 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is a beautiful small town with lots of bars and restaurants in town. It's also close to Golden Gate mountains and site seeing.
Mercia M. - 6th November 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Juweel.
Roan V. - 6th November 2017
staying in Bethulie, Vrystaat
Baie mooi dorpie.
Francois V. - 6th November 2017
staying in Heuwelsig, Vrystaat
Uitstekend. Naby winkelsentrums en maklik bereikbaar.
Spike E. - 5th November 2017
staying in Winburg, Vrystaat
'n Baie interessante ou dorp met 'n paar besienswaardighede.
Chantal S. - 5th November 2017
staying in Philippolis, Vrystaat
Ons het die saalperd streekskou baie geniet. Die dorpie is klein, maar ons kan alles wat ons nodig het in die dorp kry.
Suzette W. - 3rd November 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Pragtige dorpie. Ek sien julle sommer gou weer.
Leanne G. - 3rd November 2017
staying in Parys, Vrystaat
Heerlike naweek wegbreek bestemming. Rustig en lekker om Afrikaans te kan praat oral waar ek gaan. Ware plattelandse ervaring.
Danie V. - 2nd November 2017
staying in Harrismith, Vrystaat
Nie 'n baie vriendelike omgewing nie. Hopelik sal die verbeter.
Petro B. - 2nd November 2017
staying in Waverley, Vrystaat
Waverley is mooi boomryk, gevestig en stil. Ons het geen verkeer gehoor nie. Net die hadidas het ons een oggend bietjie gepla, en daaroor het mens nie beheer nie. Dis ook 'n goeie ligging, veral vir die noordelike gedeelte van Bloemfontein.
Lionel O. - 1st November 2017
staying in Vrystaat
Memel is een van daardie ou Vrystaatse dorpies van toeka se tyd, geen haas en min mense en ook vriendelik.
Anton V. - 1st November 2017
staying in Parys, Vrystaat
Maandae en Dinsdae is die meeste eetplekke gesluit.
Theo & Mandi K. - 1st November 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Om die Asrivier se 'uitval' te gaan bekyk is 'n moet vir almal. Skaars 9 kilometer op die Bethlehempad vanaf Clarens. Sien die 6-meter 'Caledon-Tonnel' pype wat water teen verbasende spoed uit die berg spoeg oor 'n reeks 'weiers' om die spoed af te bring. Golden Gate se hotel en stap roetes is ook 'n skamele 20 km verder op die R712 na Harrismith. Fantasties om na 'n verfrissende stap daar te stop vir 'n rooibos tee en soetigheidjie. Ficksburg se kersie-fees sal ook 'n moet wees in Desember.
Lida M. - 31st October 2017
staying in Westdene, Vrystaat
Baie sentraal geleë, veral vir ons wat kom om sake te doen.
Mariaan J. - 31st October 2017
staying in Senekal, Vrystaat
Lief die natuur, my tuisdorp.
Ané V. - 31st October 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Te veel nuwe geboue. Pas nie by die atmosfeer van Clarens nie.
Gino D. - 31st October 2017
staying in Parys, Vrystaat
Mooi gholfbane.
Jenny V. - 30th October 2017
staying in Ventersburg, Vrystaat
If you are a keen birder then Ventersburg is close to the Willem Pretorius Game Reserve which has good birding and animals.
Marion T. - 30th October 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Pragtige dorpie met die mooi berge.
Annatjie D. - 30th October 2017
staying in Winburg, Vrystaat
'n Verrassend netjiese dorpie. Doen jou huiswerk voor die tyd. Hier lê baie geskiedenis.
Antonie S. - 30th October 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Pragtige dorp en lekker restaurante.
Michelle S. - 30th October 2017
staying in Parys, Vrystaat
'n Baie oulike toeristedorpie met heerlike restaurante.
Anita V. - 30th October 2017
staying in Clarens, Vrystaat
‘n Moet vir almal!
Jan R. - 30th October 2017
staying in Clarens, Vrystaat
'n Rustige en pragtige dorp.
Andre V. - 30th October 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Puik wegbreekbestemming!
Hermann L. - 27th October 2017
staying in Parys, Vrystaat
Sentrale, avontuurlike toeriste dorp met interessante kunsplekke en uitstekende restaurante. Jimmy Jaggers en O's verdien vermelding. O's restaurant se spyskaart is top, topgehalte en die kos is werklik uitstekend voorberei. Parys word swak bemark en verdien om gesien en ervaar te word. Dit is uiters sentraal vir Pretoria, Johannesburg, Bloemfontein en naby geleë plekke bv Potchefstroom, Klerksdorp, Welkom, Kroonstad, ens.
Alwyn W. - 27th October 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Baie mooi plek. Kan beslis aanbeveel om te besoek.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]