Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 7953 reviews.
"'n Wonderlike klein, rustige dorpie met heerlike eetplekke en baie om te sien en te doen in die omgewing. Ons sal vir seker weer 'n besoek hierheen aflê."
"Ons hou van die rustigheid van die woonbuurte met die gerief van winkels/supermarkte/restourante."
"Net oornag nie veel gesien nie, maar kan beslis by Snobbs koffie en ietsie om te eet aanbeveel."
"Cute, small town filled with friendly and welcoming folk. Made you feel like you were in a different country. Also just a quick scenic drive away from Clarens."
"Numerous vagrants, numerous potholes. The riverbanks are polluted and littered, but the shops in the high street gave excellent service. The staff at PathCare were fantastic."
"Die bergreekse om die dorp maak dit asemrowend mooi. ’n Baie besonderse dorpie met baie potensiaal."
"Ons is baie lief vir Clarens. Die was ons derde keer en ons sal beslis weer daar gaan kuier."
"Ag dis net 'n wonderlike klein dorpie, wat uit sy nate bars - propvol liefde, vriendelikheid, die oulikste winkels en die lekkerste eetplekke. Ek dink wel hulle gaan iewers karre moet begin weerhou om in die dorp te kom, anders raak dit ongelooflik vol en gevaarlik vir al die voetgangers. Die dorpie is vreeslik klein en kan binne 10min van die een tot die anderkant deurgestap word."
"Parys was heerlik, net jammer oor hul water-tekort. Kon by sekere restaurante nie die badkamers gebruik nie en by gastehuis was dit ook 'n probleem. Restaurante is heerlik en mense baie vriendelik en behulpsaam."
"Dis die mooiste mooi van God se skepping! En daar is soveel om te sien en te ontdek! Praat nie eers van die sielsaligheid wat jy kry wanneer jy daar is nie. Dit is 'n moet vir 'n "bucket list"!"
"Vandag in ons land is daar baie uitdaggings rondom infrastruktuur, maar kyk verby dit en sien die pragitige dorp wat die hoofkantoor van VKB huisves, baie dinge te sien rondom dorp asook in die dorp."
"Ek is jammer dat ons nie toeriste-inligting besoek het nie, dit sou die besoek waarskynlik meer sinvol gemaak het."
"Clarens is 'n fantastiese dorpie om te besoek - veral in die koue winters met kaggelvure orals!"