Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 7953 reviews.
"Wat 'n mooi dorpie met unieke winkeltjies en eetplekke. Ons kon ure deur al die plekkies snuffel."
"Naby al die hoofroetes en besighede, baie sentraal geleë. Geskik vir persone wat voertuie wil laat diens, naby aan bande-besighede ook."
"Baie oulike country dorpie, het als wat jy nodig het en die diens by al die plekke was puik. Lekker plekkie om weg te breek en rustig te raak en tog as jy wil is daar so baie om te doen."
"Interessante, geskiedenisryke dorpie. Pragtige brug buite dorp. Die konsentrasiekamp-monument is hartroerend. Daar is interessante en vriendelike mense te vind in die Royal Hotel en in Die Ou Kar."
"Ons woon nou wel 'n klipgooi van Clarens af, maar dit is heerlik om vir 'n naweek soontoe weg te breek!"
"Pragtige dorpie! Hoi polloi is 'n moet! Sal gou weer terugkeer! "
"Baie cute en lekker naby vir 'n nawekie weg. Ons het dit baie geniet. Oppi plaas se restaurant was wonderlik, veral vir kinders en hulle gasvryheid is onmeetbaar. Só lekker daar gekuier! "
"Jammer vir die res van die dorpie wat maar agteruitgaan, maar Breë straat se winkels is almal lekker rondloopplekkies en almal doen baie moeite met hulle winkels en om dit mooi te maak."