Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 7904 resensies.
"Senekal is gelee op die N5 tussen Winburg en Bethlehem. Die Shell-vulstasie is waar meeste mense hul karre volmaak. Daar is 'n winkeltjie en plekkie om koffie vir die pad te kry. Cheetahs Restaurant wat deur die Stydom-familie besit en bestuur word, is die beste plek om in die middae of die aande 'n lekker steak of gekookte kos te gaan eet (hulle besit ook die slaghuis op die dorp - so die steaks is uitstekend). Daar is 'n 9-putjie gholfbaan met 'n goed ingerigte klubhuis - dit is die gholfbaan wat mens sien van die gastehuis af."
"Regte plattelandse dorpie, stel voor mens koop maar klaar jou kruideniersware voor jy Fouriesburg toe gaan, daar is nie veel winkels in die dorpie nie."
"‘n Pragtige dorpie met baie winkeltjies en lekker eetplekke! ‘n Moet besoek plek. Een van die oulikste in die land!"
"Lekker naweekwegbreek-dorpie, alhoewel bietjie ver van Pretoria af (4 ure). Die locals is baie vriendelik en hulpvaardig, het lekker gesels met 'n paar van hulle. As jy van inkopies hou, is dit die plek vir jou, alhoewel baie van die winkels dieselfde items verkoop."
"Ons is gereelde besoekers en dit is altyd 'n wonderlike ervaring om die dorp en omgewing te besoek."
"Clarens is werklik die juweel van die Vrystaat. Pragtige landskappe en vriendelike mense laat jou tuis voel en van al jou bekommernisse vergeet."
"Effens oorgekommersialiseerd na my smaak. Was meer uit die dorp in die natuur."
"'n Baie geskiedkundige dorpie. Pellissier museum is vol interessanthede oor die sendeling wat die dorpie help vestig het, asook Anglo-boereoorlogstories. Mal oor die verskillende gastehuise en die Ou Kar Restaurant in die dorp!"
"Fichardt Park is baie sentraal geleë met baie restaurante en naby sentrum en bioskoop."