Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 7953 reviews.
"Effens oorgekommersialiseerd na my smaak. Was meer uit die dorp in die natuur."
"'n Baie geskiedkundige dorpie. Pellissier museum is vol interessanthede oor die sendeling wat die dorpie help vestig het, asook Anglo-boereoorlogstories. Mal oor die verskillende gastehuise en die Ou Kar Restaurant in die dorp!"
"Fichardt Park is baie sentraal geleë met baie restaurante en naby sentrum en bioskoop."
"Beautiful, quaint town to really unwind and get in touch with simple living. It's on my annual to do list from now on!"
"Die paaie is vol gate en baie van die paaie is grondpaaie. Verder is dit ‘n lieflike mooi dorpie."
"Harrismith is gerieflik geleë tussen Limpopo en KwaZulu-Natal, die dorp self is maar verwaarloos met teerpaaie wat vol gate is. Vir lang verblyf in die omgewing sal die berge seker beter wees."
"Pragtige dorpie met die mooiste winkeltjies, waar 'n mens jou aan kan vergaap. Die restaurante is elk karaktervol en die lekkerste disse. Vir die kreatiewe en kunssinniges 'n moet om te sien. Die staproetes is asemrowend en die vars lug het ons bedwelm."
"Altyd lekker om die dorpie te besoek! Warm gevoel van mense wat almal een ding in gemeen het naamlik gesellig kuier, heerlik eet, 'n glasie wyn of twee geniet en drentel deur die oulike winkeltjies. "
"Was net uiters teleurgesteld in Die Plaasstoep se pap en kaiings, dit was oneetbaar sout en al wat gesê was toe ons dit onder hulle aandag bring was jammer. Ek het letterlik honger daar weggery. "
"Rustige, plattelandse atmosfeer met uitstekende eetplekke en hopelik bly dit so, dit maak 'n wegbreek naweek net soveel meer besonders."
"Pragtige dorpie - ongelukkig oor gekommersialiseer vir toeriste maar ek neem aan dit is wat party toeriste graag wil hê."