Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 7961 resensies.
"We have interest in a nursery business in Ficksburg, so our farm team love the sandstone mountains, enjoyed Clarens from a more artistic perspective and onto Bethlehem where we consult to Maluti Fruit Growers and then Bothaville to Nampo which the farming equipemtn is of interest to our Agri business. Voorbegin on the Vaal is a lovely venue on the water as the Cape is looking very sad in its current state of drought. "
"Ons het Maandag en Dinsdagaand tydens die Nampo-week in Parys oorgebly. Ons was baie teleurgesteld dat al die restaurante gesluit was, en ons moes maar met Spur tevrede wees. Ek verstaan dat Parys oor naweke baie besig is, maar ek voel in hierdie spesifieke week van Nampo kan 'n uitsondering gemaak word. Vriende van ons wat ook in Parys oorgebly het, het dit ook so ervaar."
"Pragtige dorpie, maar die paaie is sleg en kan sien dit word nie in stand gehou nie. Paaie benodig beslis baie aandag."
"Ek hou baie van Philippolis - dit is mooi, relatief netjiese dorpie met interessante argitektuur en ek sal dit enige tyd aanbeveel vir 'n detour of oornagstop."
"Ons het baie lekker gekuier in die 'n nat en koue Parys. Ons het Sondagoggend 'n heerlike familie-ontbyt vir Moedersdag by N"Style restaurant gehad."
"Heuwelsig is 'n gevestigde, veilige woonbuurt wat stil is, met goedversorgde eiendomme. Ek sal die area en hierdie blyplek kan aanbeveel."
"Clarens is pragtig in alle seisoene, maar besonder mooi in herfs met die groot kontras tussen die die immergroen bome en die herfskleurige blare van die bladwisselende bome. Ons het 'n troue by St Fort bygewoon, wat 'n baie gerieflike afstand was van hierdie verblyf. Ons middagete by die Roter Hahn was ook (soos altyd) 'n hoogtepunt! Kom lank genoeg, 'n mens het 'n hele naweek nodig om alles in te drink van hierdie mooie dorpie, en om 'n besoek aan Golden Gate ook in te pas. "
"Harrismith is nie vir ons 'n toeristebestemming nie, maar slegs 'n plek vir brandstof en eet. Ons het hierdie keer ook van Black Steers gebruik gemaak. "
"Baie lekker plekkie met baie lekker winkeltjies om deur te stap. Net baie duur! Die Jacket Shop was fantasties! Baie hulpvaardige Adeline - ons het haar Angel gedoop!!! Goeie gehalte klere baie bekostigbaar! "
"Lovely town with beautiful surroundings. Really love the vibe in town. The restaurants are getting quite expensive though and the quality of the food is not that great, so we never really feel that we are getting our money's worth when there. Still a nice day trip if you are staying in the area. The beer tasting at the Clarens Brewery is an absolute must!"
"Fouriesburg is baie goed geleë. Ons het verskeie plekke kon besoek sonder om ure aaneen hoef te ry. Sal baie graag weer daar wil besoek aflê. "
"Geen kruidenierswinkel beskikbaar nie, so neem jou eie saam."
"We really enjoyed most of Parys. A few logistic problems. The potholes are a really huge problem. We also found that whilst most of the small businesses in the area are doing their best to improve their building/shop etc. it would appear the Municipal parts are very run down. This is quite a shame, as parts of "Main" road in between really nice shops etc. are really run down, with rubbish strewn all over, overgrown weeds and grass. "
"Parys is en omgewing is baie rustig en mooi. Definitief die moeite werd om te besoek."
"Die dorp bied nie veel nie maar daar is pragtige natuurskoon en historiese besienswaardighede in die omgewing."