Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 7904 resensies.
"Na die groot knellende droogte was dit wonderlik om te sien hoedat die veld herstel het en mooi die vlaktes met groen gras en diere wat daar wei. "
"Een van ons mooiste dorpies in Suid-Afrika. Die ligging, klimaat, oulike winkels en mooi gastehuise. Kan by Golden Gate 'n draai maak, so voorwaar 'n oulike skilderagtige dorp."
"Uiters mooi wêreld. Beveel dit aan vir enige natuurliefhebber. Regtig baie mooi."
"Parkering is 'n probleem omdat Clarens so gewild is en uitgebrei het. Daar is nog soveel eetplekke wat ek graag sal wil besoek."
"Omgewing wonderlik! Ontwikkeling oorkant R712/Clarens pas nie by dorp en omgewing!"
"Perfekte plek om jouself to verloor en te herlaai. Natuurskoon, kunste en ook vir die avontuurlustige. Die geheim is om met al die mense (inwoners) te gesels! "
"Dorp is baie klein en twee dae maksimum is ideaal vir 'stopover' Bloemfontein of Kaap toe. "
"Baie jare geneem om daar besoek af te lê en was beslis nie teleurgesteld nie."