Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 7972 resensies.
"Vir die wat nog nooit in Parys was nie, jul kan gerus "Die Plek" by O's restaurant besoek vir die mooiste sonsondergang en die lekkerste pizza's. O ja, en drink gerus 'n "Gingerberry" by die Plum Tree Vintage restaurant."
"Ons het by die plaaslike hotel aandete geniet wat 'n fantastiese ervaring was. Vriendelike personeel en kos uit die boeke."
"Pragtige area om te besoek. Veilig en skoon. Pragtige winkeltjies en eetplekkies. Ons het dit baie geniet. "
"Net een aand oorgeslaap, maar dink die pragtige omgewing het potensiaal as dit bemark word. Baie mense weet nie waar dit is nie. Ek sal graag terugkeer."
" Nee is 'grand', lekker atmosfeer in die dorp met die baie koffiehuise. "
"Dit is waarlik 'n besonderse juweel in ons land. Een van my gunsteling vakansiedorpe."
"It may not be everyone's cup of tea, but I prefer Fouriesburg to the more touristy Clarens when visiting the region. "
"Soos enige toeristebestemming is die winkels baie duur. Maak seker jy vat baie geld saam, want alles is mooi! Daar is net nie veel vir die kinders om te doen nie, so ek dink nie dis 'n plek wat kinders sal geniet nie. Maar oor die algemeen het ek en my man elke oomblik daar geniet."
"Parys is besig om stof te skop in die oë van 'n paar ou gevestigde "bestemmingsdorpies". Mooi Parys hou dit hoog."
"Dit is 'n kosfundi en kunsliefhebber se ideale dorpie en vir die wat iets rustig en warm soek."
"Beautiful surroundings, lovely shops and restaurants were also great. Lovely weekend away!"
"Clarens is 'n interessante naweekbestemming, maar ons sal nie hier vakansie hou nie. Genoeg verskeidenheid om te sien. Sommige besighede se waarde is egter buite Suid-Afrikaners se mark geprys. Die omgewing is 'n bonus vir die siel!"