Resensies van Free State

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.35 uit 5 gekry volgens 6325 resensies.
Annalien V. - 29th September 2020
staying in Clarens, Vrystaat
Heerlik, veilig, vakansie-atmosfeer met pragtige omliggende berge. 'n Tuiste vir die moeë mens wat van die stad af kom en net 'n paar dae wil ontglip van die gewoel van die stad.
Lulu T. - 29th September 2020
staying in Bloemfontein, Vrystaat
Bloemfontein het baie besienswaardighede, maar die strate en algemene netheid het baie agteruitgegaan.
Rona S. - 29th September 2020
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens sal altyd 'n besonderse plek in my hart hê - veral nou dat ek daar getrou het!
Duane M. - 29th September 2020
staying in Oranjeville, Vrystaat
Heelwat padwerke op die oomblik. Maar dit sal wel voltooi word. Dan sal dit net beter wees. Baie vriendelike staf in die winkels ook.
Gerado W. - 28th September 2020
staying in Bloemfontein, Vrystaat
Naval Hill bied 'n goeie uitsig oor die stad.
Björn A. - 28th September 2020
staying in Bloemfontein, Vrystaat
Doen jou huiswerk en beplan vooruit wat jy alles in Bloem wil doen.
Marvin H. - 28th September 2020
staying in Clarens, Vrystaat
We will return!
Alicia W. - 28th September 2020
staying in Parys, Vrystaat
Baie oulike toeriste dorpie.
Morne V. - 28th September 2020
staying in Clarens, Vrystaat
Perfekte bestemming vir naweek weg!
Lianie M. - 28th September 2020
staying in Harrismith, Vrystaat
Erg verwaarloos. Munisipaliteit lewer beslis min/geen dienste aan arme inwoners.
Ursula B. - 28th September 2020
staying in Parys, Vrystaat
Het die winkels baie geniet.
Andreas S. - 28th September 2020
staying in Clarens, Vrystaat
Die juweel van die Vrystaat.
Annemarie V. - 28th September 2020
staying in Clarens, Vrystaat
Pragtige plekkie waar mens heerlik kan kuier!
Carin T. - 28th September 2020
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens het ongelooflike fantastiese vriendelike mense wat nie deur Coronavirus ondergekry is nie. Elke winkeltjie is 'n belewenis en oral word jy vriendelik ontvang. Die restaurante het elkeen besonderse disse. Ek sal beslis Clementines en Post House Restaurante aanbeveel.
Erna V. - 28th September 2020
staying in Clarens, Vrystaat
Pragtige dorpie. Skoon en lekker om daar te kuier.
Beverley B. - 28th September 2020
staying in Parys, Vrystaat
Parys bly maar 'n wenner "dorpie" vir wanneer die stadslewe te veel raak. Gelukkig nie ver van ons af nie, soek wel 'n rede om altyd oor te bly. Pragtige skoon dorp met uiters vriendelike mense en die mooiste winkels.
Morne S. - 28th September 2020
staying in Parys, Vrystaat
Parys is 'n heerlike dorpie om tyd in te spandeer, al die mense is baie vriendelik.
Anton C. - 28th September 2020
staying in Rosendal, Vrystaat
Nice town and perfect for MTB.
Ron R. - 28th September 2020
staying in Parys, Vrystaat
Nice place, easy drive from Johannesburg. Excellent restaurants and great antique and other shopping.
Johann C. - 28th September 2020
staying in Clarens, Vrystaat
Heerlike kuierdorp.
Amanda B. - 28th September 2020
staying in Parys, Vrystaat
Interessante winkeltjies, oulike eetplekkies en net buite die dorp kan jy rustigheid ervaar of meer aktiewe dinge doen.
Johan H. - 28th September 2020
staying in Parys, Vrystaat
Werklik naby aan Pretoria en Johannesburg. Baie winkels en veral oudhede en snuffelwinkels vir die entoesiastiese snuffelaar. Alhoewel daar winskope beskikbaar is, is dit eerder die verskeidenheid wat aantrek. Werklik baie restourante vir mense wat nie self wil kook nie. Vir aandetes word besprekings aanbeveel.
Andreas B. - 28th September 2020
staying in Bethlehem, Vrystaat
Fix the roads in Bethlehem.
Susan V. - 28th September 2020
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is so 'n rustige dorpie en alles is loopafstand. Daar is baie om te sien en die omgewing buite Clarens te verken, jy sal nooit verveeld wees nie. Dit is die beste plek om van daaglikse stres ontslae te raak.
Irene P. - 28th September 2020
staying in Bloemfontein, Vrystaat
Bloemfontein het egter sy naam as Blommetjiesfontein verloor.
Zanda V. - 28th September 2020
staying in Bloemfontein, Vrystaat
Maak julle paaie reg, dis vol potholes.
Enslin N. - 27th September 2020
staying in Winburg, Vrystaat
Die dorpie is klein, maar heel skaflik.
Jannie W. - 27th September 2020
staying in Bloemfontein, Vrystaat
Bloemfontein se munisipaliteit het beheer verloor. Ek het by twee geleenthede (dertig jaar uit mekaar) in Bloemfontein studeer. Die stad is haglik en besig om te verval. Tragies!
Llani S. - 27th September 2020
staying in Clarens, Vrystaat
Dit was ons eerste keer in Clarens, ons het gekyk na huispryse op tweede dag. Ons sal vir seker gereeld teruggaan, en almal aanraai om Clarens te besoek. Dalk eendag kan ons ons eie huisie daar koop!
Nardus S. - 27th September 2020
staying in Bloemfontein, Vrystaat
Daar is is darem nog goeie mooi dele teenoor die res van die Vrystaat se dorpe. Maar het ook maar soos die res van die land agteruit gegaan.
Susan H. - 25th September 2020
staying in Parys, Vrystaat
Most places are closed on a Monday in Parys. We wasted a day because we could not visit the winery or the golf course as well as a lot of the shops/restaurants and we where only there for 2 whole days.
Johannes George J. - 25th September 2020
staying in Clarens, Vrystaat
Die omgewing en natuurskoon is asemrowend. Die dorpie sukkel na die Covid-19-pandemie, dit gaan oral oor die geval wees.
Mike K. - 24th September 2020
staying in Ventersburg, Vrystaat
It's a great place to relax. We enjoyed our visit.
Hanli V. - 23rd September 2020
staying in Parys, Vrystaat
Lekker eetplekke. Hoofstraat vol interessante winkeltjies.
Andre M. - 23rd September 2020
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is pragtig. Dit is ons tweede besoek. Al hoekom ek nie 5 sterre gee nie is omdat die winkeltjies se pryse vir my duur is. Dit is nie duur om te bly en om te eet nie, maar om general inkopies by die winkeltjies te doen is duur.
Louis S. - 22nd September 2020
staying in Bloemfontein, Vrystaat
Ek en my vrou het 2 gunstelingplekke wat ons besoek. Bloem is een van die 2.
Mario D. - 22nd September 2020
staying in Clarens, Vrystaat
Mense verskil. Vir my persoonlik het Clarens baie verander vandat ek daar was paar jaar gelede. Ek sal nie weer teruggaan nie. Die winkeltjies is te dieselfde met een of twee verrassings. Alles te stereotiep. Net ons beskeie mening.
Rita T. - 22nd September 2020
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is 'n mooi dorpie en daar is lekker eetplekke en interessante winkels. Soos mooi skilderywinkels. Staproetes gedoen en mooi gemerk. Baie in die omgewing soos Golden Gate.
Petrus K. - 22nd September 2020
staying in Clarens, Vrystaat
Eetplekke in dorp is topgehalte.
Mandia N. - 21st September 2020
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is die lekkerste wegbreekplek om na toe te gaan.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za