Resensies van Free State

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.35 uit 5 gekry volgens 6645 resensies.
Linky R. - 10th December 2020
staying in Clarens, Vrystaat
Rustig en 'n lekker plek om te ontspan en die natuur te geniet.
Charl B. - 10th December 2020
staying in Bethlehem, Vrystaat
An interesting little town with lots of potential activities to do.
Jose L. - 9th December 2020
staying in Clarens, Vrystaat
Gosto Restaurant was uitmuntend met puik kos en vermaaklikheid. Sal enigiemand aanraai om daar 'n draai te maak. Clarens is 'n puik dorpie vir toeriste of sommer net 'n dag uit die stad.
Johan R. - 9th December 2020
staying in Parys, Vrystaat
Apart from some of the roads having quite large potholes, the town itself is very beautiful, everyone must have a meal at O Restaurant. Best food ever. Townspeople are really friendly.
Dawie E. - 8th December 2020
staying in Bloemfontein, Vrystaat
Die sypaadjies en middelmanne is toegegroei! Die stad val uitmekaar en het die atmosfeer van vuilheid en gebrek aan sekuriteit.
Almero M. - 8th December 2020
staying in Bethulie, Vrystaat
Baie interessante dorp met baie geskiedenis.
Sarah D. - 7th December 2020
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens will see us again.
Ilze B. - 7th December 2020
staying in Trompsburg, Vrystaat
Onversorg, en die paaie is swak.
Jannie L. - 7th December 2020
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is seker een van die mooiste dorpe om te besoek. Ek hoop Clarens kan in die toekoms die versoeking weerstaan teen groot kettingwinkels, want dit is juis die feit dat dit klein en oulike, meestal selfgemaakde produkte in die winkels is wat bydrae tot die dorp se unieke atmosfeer. Die dorp is ook geleë in 'n gedeelte van die land met die mooiste natuurskoon.
Dawie J. - 7th December 2020
staying in Clarens, Vrystaat
Ons was aan die begin Desember in Clarens - asemrowende natuurskoon waarvan foto's nooit genoeg kan vertel nie, unieke winkels en eetplekke, staproetes orals in die omgewing. Golden Gate word sterk aanbeveel. Oorgenoeg om jou geïnteresseerd en besig te hou.
Ronel R. - 7th December 2020
staying in Rosendal, Vrystaat
Pragtige klein plekkie met vriendelike mense.
Felecity W. - 7th December 2020
staying in Clarens, Vrystaat
Beautiful town and surroundings.
Tienie N. - 7th December 2020
staying in Clarens, Vrystaat
Shops too expensive for pensioners. Prices, even in the restaurants seems to cater for people with foreign currency. The loud drum music played in the main square until late on Saturday night. It spoiled my weekend which started off peacefully. Maybe this town only caters for the younger generation.
Kobie K. - 7th December 2020
staying in Clarens, Vrystaat
Clementines Restaurant was uitstaande!
Tayla J. - 7th December 2020
staying in Clarens, Vrystaat
They had a festival there this weekend, Clarens is for the arts and tasteful entertainment, not a loud music festival.
Chantal H. - 7th December 2020
staying in Clarens, Vrystaat
Baie goed om te sien en te doen. Ons geniet dit altyd om soontoe te gaan.
Rosel L. - 7th December 2020
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens het swaar gekry tydens die inperking, dit kan duidelik gesien word.
Lara G. - 7th December 2020
staying in Parys, Vrystaat
Die Vaalrivier is pragtig en definitief iets om te sien. Die dorpie het baie antique shops en het nogsteeds die outydse tradisionele Vrystaat gevoel. Dit vat jou uit die besige stadslewe uit.
Elmarie D. - 7th December 2020
staying in Bethlehem, Vrystaat
Swak! Ruit uitgeslaan voor ’n vooraanstaande restaurant, 17:30 in die hoofstraat.
Kobus O. - 6th December 2020
staying in Wepener, Vrystaat
Die verval van die dorp verklap dat dit moeilik gaan. Enige toerisme sal eers toeneem indien die verval gestuit word.
Gesina C K. - 5th December 2020
staying in Bethulie, Vrystaat
Interessante geskiedkundige museum. Landelike omgewing verfrissend.
Andria O. - 4th December 2020
staying in Parys, Vrystaat
Parys is 'n interessante, woelige dorp met baie om te sien en te doen, veral op die social scene. Dis 'n heerlike naweekwegbreek bestemming.
Elfranko M. - 4th December 2020
staying in Bloemfontein, Vrystaat
Ek hou nie van Bloemfontein nie. Jy word vertrap in winkelsentrums.
Leon V. - 4th December 2020
staying in Winburg, Vrystaat
Mooi ou dorp. Die windpompe in die mense se erwe was vir my opwindend.
Harm V. - 2nd December 2020
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens en omstreke is 'n pragtige omgewing en gelukkig was die dorp self ook skoon, dit lyk egter of Golden Gate park se wild verdwyn het, die toegangbeheerhekke op die hoofpad lyk ook verskriklik, dis glad nie 'n goeie advertensie vir 'n toeris nie, dit lyk of die plek gestroop word.
Charles S. - 1st December 2020
staying in Clarens, Vrystaat
Die dorp self bied net genoeg om jou besig te hou. Die omgewing is besonders mooi met baie baie interessante berg formasies. Daar is 'n paar goeie restaurante om te probeer en ook die Golden Gate Nasionale Park in die onmiddellike omgewing.
Megan V. - 1st December 2020
staying in Clarens, Vrystaat
A wonderful village with awesome eateries, brewery and distillery. Sandstone Estate 50 minutes away was a superb hidden gem.
Mandy K. - 1st December 2020
staying in Clarens, Vrystaat
It's a lovely little town for a relaxing weekend. They could have a few more restaurants open for the evenings.
Stella J. - 1st December 2020
staying in Clarens, Vrystaat
Beautiful town, but not for party throwers.
Stella J. - 1st December 2020
staying in Clarens, Vrystaat
Beautiful quiet town, definitely not for people wanting to party.
Brian S. - 1st December 2020
staying in Clarens, Vrystaat
Clean town and friendly people.
Rienie D. - 1st December 2020
staying in Clarens, Vrystaat
Mooi dorpie en lekker gekuier. Heerlik om daar rond te loop tussen interessante winkeltjies.
Heidi D. - 1st December 2020
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is voorwaar pragtig. Dis skoon, natuur is pragtig. Wat 'n bonus om jou siel en gees net daar bietjie te gaan recharge.
Santie B. - 30th November 2020
staying in Parys, Vrystaat
Mooiste plek met baie dinge om te doen. Ons sal beslis weer gaan.
Chris V. - 30th November 2020
staying in Clarens, Vrystaat
Juweel van ’n plek!
Alvin J. - 30th November 2020
staying in Bloemfontein, Vrystaat
Dele was skoon maar ander dele baie vuil. Maar oor die algemeen nie sleg nie.
Jacqueline S. - 30th November 2020
staying in Vrystaat
Excellent views.
Kevin A. - 30th November 2020
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens se binnegoed ondergaan 'n gedaanteverwisseling wat niemand weet wat dit gaan oplewer in die toekoms. Sekere ongewenste elemente het dit reggekry om in te sypel oor die onlangse onsekere landsomstandighede. Clarens kort visie, maar sal altyd 'n unieke bestemming bly.
Maggie K. - 29th November 2020
staying in Clarens, Vrystaat
Het die lekkerste sushi geëet by Ticazyza Cuisine in Clarens.
Lydia J. - 29th November 2020
staying in Vrede, Vrystaat
Die agteruitgang van die pragtige ou dorpie is opmerklik en hartseer, maar die regering en plaaslike munisipaliteit is hiervoor te blameer.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]