Resensies van Free State

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.36 uit 5 gekry volgens 3846 resensies.
Buks S. - 18th January 2017
staying in Deneysville, Vrystaat
Alles wat jy nodig is bekombaar.
Frants C. - 17th January 2017
staying in Zastron, Vrystaat
Sal graag langer in Zastron wil bly sodat ek die groot rotsformasies kan verken wat oor Zastron uitkyk.
Lize L. - 16th January 2017
staying in Waverley, Vrystaat
Dit is 'n stil en rustige woonarea met pragtige tuine. Dit is naby die middestad van Bloemfontein en gerieflik naby winkels as jy iets nodig het of wil gaan eet.
Hentie B. - 15th January 2017
staying in Heuwelsig, Vrystaat
Straatname in die omgewing ontbreek.
Linda B. - 13th January 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is 'n rustige dorpie met pragtige berge reg rondom. Winkels en eetplekke maak baie vroeg toe. Daar is baie aktiwiteite in die omgewing om aan deel te neem.
André P. - 13th January 2017
staying in Senekal, Vrystaat
Senekal Moederkerk (Klipkerk) is regtig 'n mooi kerk (as jy belangstel in argitektuur). Oons het ons ontbyt en kuier by die Senekal Padstal (langs die R70) baie geniet (kos en snuisterye). Beslis 'n pitstop werd.
Hillie M. - 13th January 2017
staying in Philippolis, Vrystaat
Philippolis is 'n pragtige dorpie, maar dit gaan vinnig agteruit.
Trienie C. - 12th January 2017
staying in Brandwag, Vrystaat
Baie goed. Kon teruggaan in tyd met weermag, ens.
Deon S. - 12th January 2017
staying in Fichardt Park, Vrystaat
Baie goed geleë en naby alles. Vandaar kan jy enige ander plek binne 15 tot 20 minute bereik as die verkeer nie te besig is nie.
Sarel C. - 11th January 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Nie 'n kunskenner nie en daarom was 4 dae genoeg om alles te ervaar. Die berge is 'n belewenis!
Tiaan K. - 11th January 2017
staying in Bethulie, Vrystaat
Bethulie is 'n klein plekkie, geen gejaag of lawaai nie. Baie ou geboutjies met heelwat geskiedenis. Ons was ongelukkig laat op 'n publieke vakansiedag daar en kon nie dit ten volle geniet nie. Skoon, rustig en netjies. Baie veilig. Eg platteland.
Anel E. - 11th January 2017
staying in Universitas, Vrystaat
Goed vir oornagdoeleindes.
Tjaart V. - 11th January 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is 'n goeie sentrale punt om baie van die Oos-Vrystaat te sien. Dit is regtig 'n baie mooi omgewing en natuurskoon. Die mense is vriendelik alhoewel ek dink dat Clarens baie meer potesiaal het as wat die sakegemeenskap daarvan maak. Ons geniet dit om Clarens te besoek.
Mike T. - 10th January 2017
staying in Trompsburg, Vrystaat
Oulike dorpie.
Leanda S. - 10th January 2017
staying in Kroonstad, Vrystaat
Die strate is erg verwaarloos.
Adrinette M. - 10th January 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Ons het Clarens in Desember 2016 besoek en die omgewing was lieflik groen en beeldskoon. Dis 'n absolute moet vir natuurliefhebbers. Die dorpie bied ongelukkig nie 'n groot verskeidenheid winkels wat kruideniersware verkoop nie, so bring maar saam wat jy nodig het (veral oor die piek Desember tydperk). 'n Besoek aan die Golden Gate Nasionale Park is natuurlik ook 'n moet as 'n mens 'n paar dae in Clarens is.
Tjaart V. - 10th January 2017
staying in Universitas, Vrystaat
Dit is gerieflik naby koopsentrums, die Universiteit asook toegang tot die N1 snelweg.
Stefan K. - 10th January 2017
staying in Philippolis, Vrystaat
Philipolis is een van daardie mooi klein dorpies wat meeste mense mis ry. Beslis die moeite werd om ten minste een keer daar verby te gaan as jy nog nie daar was nie.
Trevor L. - 10th January 2017
staying in Bethulie, Vrystaat
Eerste keer wat ons daar was maar sal beslis weer inloer as die geleentheid hom voordoen.
Bianca W. - 10th January 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is 'n pragtige plekkie, was heerlik om al die winkeltjies en eetplekke te besoek en net die skoonheid te bewonder. Die diens in meeste van die restaurante is iets wat kan verbeter, maar andersins was dit baie aangenaam. Sal vir seker weer gaan vir 'n wegbreek tydjie.
Willem O. - 9th January 2017
staying in Rosendal, Vrystaat
Baie potensiaal.
Jacinta V. - 9th January 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Baie veilige dorp met baie interessante klein plekkies en winkels binne loopafstand.
Ilana V. - 9th January 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is vir ons 'n pragtige skilderagtig dorpie en dit vreeslik geniet en ons beplan om die toekoms weer 'n draai te gaan maak. Het die winkels en restaurante baie geniet en hope foto's geneem. Dit is baie skoon en vriendelike dorp.
Verna M. - 9th January 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens was nie hoofrede vir besoek nie, ons is natuurmense en kon nie plek kry by Golden Gate nie so het bedags soontoe gery.
Cherylene D. - 9th January 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Iets vir almal en alle ouderdomme - van 6 tot 60! Van kuns en kultuur tot stap en 'white water rafting' wat ek op die flukse ouderdom van 50+ vir die eerste keer aangedurf het (gevolg na 'n dag in die spa uit die aard van die saak).
Elsje D. - 9th January 2017
staying in Philippolis, Vrystaat
Pragtige rustige plattelandse dorp waar daar nog mense is wat die strate skoonvee en groet al ken hulle jou nie.
Sean V. - 9th January 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Loved this, place will surely return.
Petro S. - 9th January 2017
staying in Ladybrand, Vrystaat
Pragtige omgewing en word vir natuurliefehebbers aanbeveel.
Marianne E. - 9th January 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Dit was 'n baie lekker vakansie gewees.
Jan P. - 9th January 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Alles en nog meer om te doen. Vir enige persoon is daar iets om te doen. Gaan beslis weer kom.
Salome V. - 8th January 2017
staying in Bethlehem, Vrystaat
Naby Clarens. Geen behoorlike restaurante nie.
Danica S. - 8th January 2017
staying in Philippolis, Vrystaat
Dit is 'n "one horse town", maar beslis 'n besoek werd.
Reinette D. - 8th January 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is vir ons 'n plek om stil te word en weer jou siel en menswees te vind. Die laaste 5 jaar is daar baie ontwikkeling en genoeg om te doen vir alle ouderdomme.
Johan P. - 8th January 2017
staying in Trompsburg, Vrystaat
Dit is n klein dorpie met nie te veel om te doen nie, maar ek sal dit aanbeveel vir 'n oorslaap. Dit bied 'n lekker koffiewinkel (Oppie Plaas) net langs die petrolstasie en die Motel se kos was ook baie aangenaam.
Kobus V. - 6th January 2017
staying in Vrystaat
Jy moet tyd bestee om die platteland bietjie te leer ken.
Ian K. - 6th January 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is asemrowend - vriendelike mense en so baie om te sien en ervaar.
A G. - 6th January 2017
staying in Harrismith, Vrystaat
Ons sal weer teruggaan vir die lekker koel weer.
Tj D. - 6th January 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Ek sal weer en weer teruggaan!
Cao L. - 6th January 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Nice town.
Enid S. - 6th January 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Alles is lekker!

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za