Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 7951 reviews.
"Clarence is a beautiful place to visit, it's a must-see if you live in South Africa."
"Herfs in Clarens is so mooi. Ons sal graag Clarens weer besoek in die ander seisoene ook. Heerlike eetplekke en mooiste omgewing."
"Die paaie vanaf Winburg na Senekal asook die pad vanaf Senekal na Ventersburg was in 'n puik toestand."
Maloti Route, South Africa, Free State
Saxon Park Farm Cottages"Paaie val letterlik uitmekaar en die dorpe dieselfde, dit is glad nie 'n plesier om na Ficksburg, Fouriesburg of Clocolan te gaan nie. Dit is vuil, geboue val uitmekaar en jy ry deur dongas. Dit is baie hartseer om te sien hoe ver hierdie eens mooie area verval het. Ons sal nie weer terugkeer nie. Die enigste dorp wat wel nog die moeite werd is, bly Clarens."
"Dis 'n kompakte, vriendelike stad met alles wat jongmense soek. Die bonus was die skou wat aan was."
"Baie vriendelike mense en is op die hande gedra by Fishermans Pub & Grill ('n moet-stop as jy deur Deneysville ry)."
"Clarens is n lekker wegbreek vir 'n naweek/langnaweek, nie te ver van JHB af nie. Die kos by Bocca Di Lupo (Italiaanse restaurant) was ongelooflik lekker, almal het hulle kos klaargemaak! Ons ook baie lekker kos by The Square gehad en daai Peppermint melkskommel sal ek definitief aanbeveel!"
"Asemrowende omgewing en besienswaardighede. Sommige eetplekke (kooperasie) se kos en veral die drank is buitensporig duur. Parkering 'n groot probleem."
"Die pad tussen Clarens en Zastron is die slegste pad wat ek nog ooit gery het met al die slaggate. Ons het motors langs die pad gesien met pap wiele a.g.v. slaggate. Sal volgende keer eerder Bloemfontein oor ry. Die dorp (en omliggende drop) se state is ook in 'n baie swak toestand."
Eastern Free State Highlands, Free State
Aandrus BnB"So jammer dat die pad Sentinel Karpark toe in so 'n haglike toestand is, verder is die berge waarlik 'n ongelooflike belewenis."
"Daar is regtig baie om te doen en te besoek in en om die dorp, die herfs was besonder mooi en oral is die inwoners vriendelik. Sal graag weer gaan."
"O's Restaurant and Hoi Polloi Restaurant that we visited where pet friendly which was amazing."
"Clarens is 'n definitiewe moet. Die paaie in Clarens is nie in 'n baie goeie toestand nie - van die grondpaaie is beter as die teerpaaie. Andersins geen klagtes!"