Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 7953 resensies.
"Die Paaie in bloem is baie sleg en vol gate, die gras moet gesny word, oral is dit oorgroei. Dit lyk of die munisipale dienste nie meer bestaan nie. Andersins is dit maar net nog 'n SA dorp, daar is nie veel om te doen in Bloem nie. Vir ons is dit net 'n oorslaappunt."
"Die paaie is (soos oral in die land) baie sleg en die Ecopark en botaniese tuine is in 'n uiters swak toestand, en ek bedoel werklik uiters swak. Maar andersins is dit 'n lieflike plek en ek het dit baie geniet daar, daar is baie winkels en eetplekke en ek sal enige iemand aanbeveel om soontoe te gaan."
"Quaint town, but the road infrastructure is in serious need of maintenance. Potholes and ruts abound. I would recommend driving SUVs to Clarens and not low slung sedans,"
"Zastron is nie juis iets om te sien nie, die dorp is, soos baie ander in SA, afgemat en vuil. Die omgewing is pragtig en beslis geskik vir oornag en vertoef."
"Clarens is a beautiful place, especially the mountains. We will be definitely going back in the future. "
"Nie veel om te doen vir toeriste nie. Meer 'n plek waar mens vir een nag oorbly."
"Beautiful town with a wide selection of lovely artist galleries and restaurants."
"Ek was 'n bietjie teleurgestel met Reitz, my eerste keer daar, die paaie amper onrybaar en morsig."
"My heel eerste keer in Clarens gewees. Dis beeldskoon, vriendelik, gasvryheid, lekker kuierplek."
"Dit is rerig 'n lekker dorpie vir 'n wegbreek maar raak regtig baie besig en beknop wat goed is vir die besighede so mens werk om die spitstye."
"Die Plaasstoep restaurant was baie vriendelik. Het die heerlikste ontbyt bedien het sommer 2 keer met die fietse soontoe gery net om hul ontbyt te kon geniet met die plaasatmosfeer. Met tuisgebakte brood en al."
"The town is quaint, artsy and beautifully situated in the mountains. Even over peak season, we still felt relaxed, safe and welcomed."
"Dis so hartseer om te sien klein dorpies gaan agteruit. As gevolg van die elektrisiteitsprobleem, was daar geen krag, geen opvangs en geen petrol beskikbaar nie. Dit kan nogals 'n probleem wees."
"A pity about the potholes on the way there (R26), but no reflection on the guesthouse and town. Clarens is a great destination!"
"We went for a walk at the Brandkop Conservancy which was not far from our stay. It was a lovely walk that I would highly suggest to any visitors."