Geverifieerde Resensie
Wellington
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Wellington bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 179 resensies.
"Beautiful winelands destination at the foothills of the beautiful Du Toitskloof."
"Beautiful place to visit. Surrounding wine farms are lovely to visit and you can enjoy the amazing scenery."
"Ons het Saterdag uitgery vir n wynproesessie. Ongelukkig weens Covid was baie van die plekke toe of baie stil. Maar ek besef dis nie hulle skuld nie. Ons het wel 'n Gin-toets gedoen by Wild Rose. Die eienaar, Nadia, is amazing. Nuwe vriend gemaak daai dag. Wellington is 'n pragtige dorp en ek sal definitief weet teruggaan soontoe."
"Wellington is 'n maklik bekombare dorp en goed geleë as jy ander dorpe in die omgewing ook wil besoek."
"Ek is daar gebore en het daar skool gegaan. Ons was daar vir my 60ste reünie. Die museum is 'n moet. Moenie vergeet van die wynplase nie."
"Pragtige dorp met vele plekke om te gaan soos wynkelders, mooi staproetes en ander besienswaardighede."
"Pragtige rustige dorpie met die beste skoenwinkel - Redemption handgemaakte skoene en handsakke."
"Ligging is perfek vir daguitstappies. Genoeg besienswaardighede en wynplase."
"Ek dink Wellington is sentraal geleë, naby baie aktiwiteite en het baie mooi uitsigte, hoewel ek op 'n sakereis was en nie aan enige aktiwiteite deelgeneem het nie."