Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 35325 reviews.
"Heerlike plek om net te wees. Ek kan Isabellas restaurant sterk aanbeveel as jy ietsie wil eet. Jy moet voëleiland besoek."
"Rustig en vreedsaam. Lekker plek vir Birding, stappies, draffies en fietsry!"
"Pragtige kusdorpie met vele aktiwiteite vir die hele familie."
"Sandbaai is naby Hermanus met sy woeligheid, restaurante, ens. vir die wat daarvan hou. Maar Sandbaai het ook 'n winkel naby met alles onder die son wat jy mag nodig kry. Lekker sementpaadjie teen die see vir stap, duikplek, swemplek. O ja, en walvisse in die baai!"
"Oudtshoorn is verbasend baie goed ingerig as toerismebestemming. Was baie jare gelede daar; met ons onlangse besoek was ek baie in my noppies met Oudtshoorn. Sal ons beslis weer sien, nie net vir die KKNK nie maar sommer vir 'n oorbly of selfs langer vakansie."
"Dit was ons eerste maar gaan beslis weer. Lekker stappaadjies en natuur is pragtig."
"Milnerton is baie stiller as Kaapstad en 'n rustige plek om in vakansie te hou. Tog is dit naby aan Kaapstad en groot inkopiesentrums."
"Pragtige Karoo-dorpie! Soveel om te sien en doen! Vriendeliker mense as in die Karoo kry jy nie! "
"Gansbaai is geleë naby oulike besienswaardighede. Ons het gereeld uitgery na Stanford, Hermanus, Franskraal, Uilenmondkraal, Baardskeerdersbos en Pearly Beach. Die lokale seekos was uit die boonste rakke. Veral die Boathouse waar mens teen billike pryse vars voorbereide seekos kan geniet in die hawe. Gansbaai is 'n oulike dorpie met vriendelike mense. Die visvanggeleenthede in die hawe kraai ook koning."
"Klein, mooi dorpie. My eerste keer daar. Twee of drie redelike eetplekke met 'n restaurant en kelder op die ou hawe. Baie naby aan Strandfontein wat selfs 'n nog mooier dorp is."
"Love die dorp, die see koud maar lekker geswem. Die restaurante se kos is ongelooflik lekker en bekostigbaar."
"Aangenaam verras oor die lekker vakansieplek. Ons sal dit beslis 'n jaarlikse instelling maak. Veral die blouvlagstrand was heerlik en veilig en mooi skoon. "