Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 36612 resensies.
"Bredasdorp is 'n stil dorp en nie regtig geskik vir toeriste wat van baie bedrywighede hou nie. Daar is 'n Skeepsmuseum maar as jy baie meer wil sien, moet jy bereid wees om te ry. Dit is 'n goeie plek as jy net van die stadsgejaag wil wegkom en wil rus."
"Moorreesburg needs something to liven the town up a bit. Maybe an event or some live entertainment. It was really sad to see so many run over buildings."
"If you are a adventurous person you will have lots to do especially the beauty of the place and it's people."
"Strand self is baie interessant. Die eetplekke is nie duur nie en al die groot kettingwinkels is binne maklike stapafstand. Die Karoo Kombuis en die Belgian Waffles was ongelukkig al wat ons kon beproef, maar beide kan hoogs aanbeveel word. Ons sal graag in die toekoms as toeriste wil gaan. Mense is deur die bank vriendelik. Die stap langs die strand af so teen sononder was lieflik. Ons is gedurig vriendelik gegroet. Die volgende dag het ons amper weggewaai, wat weer 'n heel ander ondervinding was. Werklike mooi ouer huise maak stap in die strate 'n fees."
"Baie mooi plek. Sou graag daar wou bly as dit nie so warm was nie. Het reeds vantevore daar gebly."
"Tergniet is 'n seevakansieplek en dit is 'n pragtige skoon omgewing. Daar was selfs 'n walvis net voor ons in die see."
"ideale plek as jy will wegbreek van die besige stadslewe en net wil rustig wees by die see."
"Wonderlike mense en geskiedenis. Silwer skoon Karoodorpie wat absoluut die moeite werd is om te besigtig. Vra na 'n toer deur die NG Kerk. Dit was 'n belewenis!"
"Dis 'n pragtige vallei met allerlei paaie om te verken! Ons het die heerlike pizza en wynproe by Highlands Road Estate baie geniet, asook die lekker ontbyt by Rojaal teekamer. Ons sal graag weer gaan."
"Sal baie graag weer wil gaan en meer tyd spandeer in die lieflike dorp en omgewing. Enige fotograaf se droom."
"Vredehoek is perfek as jy nog naby aan die stad wil wees, maar net ver genoeg van die gejaag. So naby aan 3 lekker restaurante, 'n parkie vir kinders en nog beter, klipgooi van die stap roetes wat die berg bied. Dis net amazing!"
"Oudtshoorn is 'n ongelooflike toeriste bestemming vir 'n gesin met kinders. So baie goed om te doen!"
"Sentraal geleë om die omgewing te kan verken en langs pragtige deel van die Langebaan strand."
"Baie lekker plek om te besoek en daar is so baie om te doen. Sal weer kom kuier. "
"Dit is 'n pragtige dorpie met gasvrye mense. Ek kan Weskus kombuis asook Isabellas aanbeveel hulle kos uit die boonste rakke met n mooi uitsig en vriendelike diens. Daar kan net meer aandag aan die hoofstrand gegee word, hy is bietjie verwaarloos en 'n seer oog."
"Did not really tour around, but liked the outdoor restuarants on the main road. "
"You MUST go to the Cango Caves, the Cango Wildlife Ranch and to go on an ostrich farm tour! So cool! "