Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 35325 reviews.
"Pragtige boomryke omgewing. Rustige buurt. Dit is 'n entjie weg van die winkels en die see."
"Die dorpie is baie besig met al die trokke en verkeer in die hoofstraat wat deur die nag 'n geraas veroorsaak. As jy wil oornag en wil rus beveel ek aan dat jy blyplek soek ver weg van die hoofstraat."
"Hermanus is regtig 'n mooi plek en baie rustig. Baie besienswaardihede en dinge om te doen! Ek voel dat daar nog moeite gedoen kan word aan die diversiteit van die omgewing. "
"Gordonsbaai is baie skoon en netjies en dit is baie veilig. Die polisie en verkeersafdeling is baie proaktief en sigbaar."
"Baie mooi dorpie, maar moenie daar land op 'n vakansiedag nie, dan moet hulle 'n kennisgewing opsit wat sê, "gesluit". Gelukkig is die petrolpompe darem oop. "
"McGregor het aangename teetuine. Daar is genoeg winkels om die nodige voorraad te kry, maar die gebrek aan kettingwinkels gee nog die plattelandse gevoel. Die dorp se hoofstraat is mooi."
"Witsand is 'n pragtige plek en ek het absoluut my hart daar verloor. Ek beveel dit sterk aan."
"Beweerde misdaad waarteen almal ons gewaarsku het, is ontrustend en dit bring 'n negatiewe aspek in by die verblyf, want ons kon nie werklik ontspan en rus nie. "
"Die Karoo Park is beslis die hoogtepunt van enige kuier in Beaufort Wes. Die Karoo Deli was ook goeie waarde vir geld."
"Prins Albert is een van ons gunsteling plekke in die Karoo. Die dorp is so rustig en die mense is baie vriendelik."
"Die ou geboue is 'n belewenis en ek beveel die Chris Barnard-museum sterk aan. Die ou kerkgeboue is absoluut pragtig. Baie vriendelike mense en die kos by 4Sheep is absoluut fantasties - hulle lamkerrie is 'n moet."
"Baie oulike dorp. Geniet die eetplekkie 4Sheep - hulle kos is heerlik."