Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 35225 resensies.
"Baie mooi en goed versorgde dorp met 'n interessante geskiedenis en mooi argitektuur. Die afwesigheid van goeie supermarkte (hoef nie groot te wees nie, net skoon en netjies en goed van voorrade voorsien) of selfs net kafees wat nie almal vyfuur toemaak nie, sal die dorp baie baat."
"Nice, but very touristic and many noisy students. The surrounding areas however are beautiful."
"Daar is 'n verskeidenheid eetplekke en genoeg akkommodasie. Die mense is ook baie vriendelik."
"Wonderful as a central base. A home away from home. Close to all amenities. Feels like you are on holiday."
"Vir liefhebbers van die Sederberge en alles wat die "kombuis" van Citrusdal bied, is hierdie area die moeite werd om te besoek. "
"Mooi geleë tussen die berge. Uitsigte wat jou tevrede laat, wyn, droë vrugte, rustigheid - hier mag 'n mens maar bly! "
"Ons het die dorp baie geniet. Die ou tronk wat in 'n koffiewinkel omskep is, was 'n heerlike belewenis. Pragtige berge met 'n pas wat prentjiemooi is, sorg vir natuurskoon soos min. Bali Trading is altyd 'n lekker stopplek en daar is iets vir almal in die gesin. Die inkopieplekke soos Spar en die Handelshuis was aangename verassings. Die dorp het alles wat ons nodig gehad het en ons sal graag weer daar tyd spandeer."