Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 35461 reviews.
"Dit was regtig 'n belewenis vir ons Sweedse vriende om hierdie unieke dorpie te ervaar. Hulle het ook die Voorstrand Restaurant baie geniet. Tietiesbaai was ook 'n hoogtepunt!"
"Sekerlik een van die Weskus se geheime wat baie goed bewaar is! Fantastiese skoon strande en lae kommersiële impak beteken dis nog 'n plek waarheen mens kan wegbreek sonder om deel te voel van 'n toerismenes."
"Convenient to most wine routes and gholf courses in and around Stellenbosch, with a beautiful view of the mountains."
"Nie 'n toeristebestemming nie, behalwe vir die Karoo Nasionale Park waarvoor ons nie tyd gehad het nie."
"Twee uitstaande maaltye geniet - een by The Cabin en ander op die hawe. Bewaar dit soos dit is."
"The Shed Farmstall en Lucern Lodge is sowat 26 km buite Beaufort-Wes, maar die dorpie self is 'n belewenis."
"Die Paarl het ons verras! Sulke mooi plekkies om te besoek! Tea under the trees was ongelooflik! Ons sal beslis weer teruggaan soontoe."
"Ek verstaan hul wil toeriste lok, maar deur die pryse so op te jaag, jaag hul ons plaaslike Suid-Afrikaners weg. Dit bly wel 'n lekker area. "
"Loved the overall friendliness and helpfulness of the Paternoster residents would definitely recommend to family and friends a beautiful lovely destination. "
"Die Gifbergpas is 'n moet. Gaan stop daar en spandeer tyd. Elke rots het sy eie verbeeldingstorie. Vanrhynsdorp is naby genoeg aan die see om 'n dag oor te ry en daar te verwyl. En moenie die Olifantsvallei met sy wingerde wat oor 'n paar kilometers strek, weggooi nie - dis 'n openbaring. "
"It looked quite pretty, but we didn't spend much time there as we were travelling to Cape Town. I'm sure it deserves a better look!"
"Aangename en rustige plek om te ontspan. Moet net bereid wees om die wind en die weer te vat soos dit kom."