Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 36180 resensies.
"Pragtige dorp en goed geleë om die wynplase, see en Kaapstad te besoek."
"Dink dit is uitspattige pryse vir 'n Suid-Afrikaner om plekke te besoek. Pryse vir toeriste-aantrekkings kan regtig aangepas word vir Suid-Afrikaners."
"Die hoofstraat het 'n bietjie aandag nodig, maar so het al ons strate deesdae. Die werkloosheid kan gesien word aan die hoeveelheid mensies wat om almoese bedel. Die Spur se kelners is baie behulpsaam en vriendelik, asook die petroljoggies by Engen."
"Vriendelike plek met heerlike restaurante, 'n bierbrouery, pragtige strande - 'n kuierplek vir oud en jonk."
"The weather isn't great during winter, but it's a beautiful town with a lot of attractions and activities available."
"Ek het baie lank gelede die omgewing so groen gesien. Die dorp se paaie is nie in 'n baie goeie toestand nie met verskriklike diep slaggate in Voortrekkerstraat. Die een mooi dorp is baie vinnig besig om agteruit te gaan wat 'n groot jammerte is. Die apteek in die pragtige ou Standardbankgebou voorsien in al jou gesondheidsbehoeftes en die personeel is baie hulpvaardig."
"Die wêreld was natuurlik spons-nat. Lekker plek vir bootmense. In die somer sal dit baie lekker wees daar. Winkelgeriewe op Velddrif is maar eina. Laaiplek se Superspar is 'n goeie kleinhandelaar. So ook PnP op Vredenburg."
"Klawer is 'n baie rustige plek, geskik vir persone wat wil kopskoonmaak, en tyd wil bestee vir aan hulself as persoon."