Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 36612 resensies.
"Was verbaas dat die dorpie geen van die groot fast food franchises het nie. Kan 'n goudmyn wees!"
"Lambertsbaai is 'n rustige dorpie, waar jy die Voëleiland en alle mooi restaurante kan gaan besoek."
"Loadshedding saans maak die bestemming onveilig. Bedags bied Kaapstad 'n groot verskeidenheid van aktiwiteite en attraksies."
"Ek het 'n vinnige oorstop gehad in Clanwilliam. Ek sou graag langer wou bly, in die dorp ruik dit of 'n oumatjie êrens die heeltyd 'n teepot aan die kook hou en ek was gelukkig om deur die area te ry met die sitrusbome wat bot - so die lug is absoluut fantasties."
"Mooi geskiedkundige dorpie, en ek kry die gevoel dat die inwoners moeite doen om hulle dorpie te bemark en op datum te hou. 'n Lekker dorp om te voet te verken, en ek is seker dis 'n goeie verblyfplek vir wynliefhebbers."
"Knysna se mense was vriendelik en het ons na al die plekkies verwys waarvan net locals sal weet. Sal Knysna beslis weer besoek."
"Ek weet daar 's baie om te doen in Oudtshoorn en die area - dalk 'n bestemming saam met die gesin vir 'n volgende keer."
"Pragtige, skoon dorp, sal beslis weer daarheen gaan. Struisbaai was goed vir siel."
"Ons het die meeste van ons tyd in Hartenbos spandeer, net een aand in Mosselbaai gaan uiteet."
"Baie mooi dorpie. Baie wynplase in die omgewing. Lekker sentraal tot ander dorpies en wynplase."
"Franschoek is 'n wêreldklasplekkie om te besoek, beste wynplase met vele om te doen."
"Ons het die Cango-grotte en Volstruisplaas baie geniet. Wilgewandel op pad terug van die Cango-grotte was fantasties vir die kinders. Hulle het hulle gate uit geniet daar. Skoon, netjiese dorp goed voorberei vir gaste."