Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 36701 resensies.
"Natuurlik in blommeseisoen 'n absolute moet toeristebestemming! Maar selfs tydens ons "buite seisoen" besoek, was daar eindelose interessante toeriste-aantreklikhede!"
"Pragtige, netjiese stad wat goed bestuur word, maar alles is ongelooflik duur juis omdat hulle vir buitelanders regmaak en nie dink aan Suid-Afrikaners wat ook graag die stad wil verken nie."
"Die mense is nie vriendelik orals nie. Die winkels is baie besig. Daar is geen spesiale winkel/s waar ons was wat iets verkoop het van die Kaap nie. Dit is maar die gewone winkels wat orals is. Die plekke is ver uitmekaar, as jy iets wil gaan doen, kan jy nie klomp plekke op een dag besoek nie. Kaap is baie duur met als."
"Paternoster is 'n definitiewe plek waar ek weer sal gaan vakansie hou. Lekker plek om net te gaan ontspan, die mense is baie vriendelik in Paternoster."
"This is a country on its own. Cape Town is a jewel in South Africa. It's the best of all from the accommodation, sightseeing, fishing boat cruises, restaurants etc."
"Mosselbaai is pragtig, ons hou elke jaar daar vakansie. Skoon, netjies en pragtig! 'n Mens kan asemhaal in Mosselbaai!"
"Baie lekker plekkies om te besoek in area soos verskillende wynplase en Spice Route is baie lekker."
"Van wat ons gesien het - mooi, veilig en genoeg interessanthede om uit te snuffel."
"Kan net sê ek as Transvaler: Wes-Kkaap julle is puik, mense vriendelik en hulpvaardig gewees."
"'n Wonderlike plek wat ek van nou af gereeld sal besoek. Baie veilig op die wandelroetes met sigbare sekuriteit oral langs die roetes."
"We had an awesome time in the city, and the MyCiTi bus really helps to commute from place to place. We even used Ubers. The city was safe, we even traveled at night. Awesomeness."