Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 35608 resensies.
"Vriendelike, gasvrye mense. Goed versorgde dorp. Ons is nie so oorval deur bedelaars soos in sommige klein dorpies nie."
"Te kort om enige sinvolle kommentaar te lewer, maar die interessante vertellings van die dorp en die omgewing regverdig 'n tweede besoek. Die NG-kerk is 'n besonderse imposante gebou met 'n kleurryke geskiedenis. Hierbewens is Merweville as dorp goed versorg, baie netjies en skoon. Terloops, nou baie toeganklik vanaf die N1 nadat die dorp met 'n goeie teerpad verbind is."
"Ons het dit baie geniet. Vriendelike mense en nogal baie om te sien in so 'n klein dorpie."
"I think Worcester has a lot of tourist attractions itself but if you require something different there is a lot of things to do in nearby areas like Ceres, Paarl, Robertson and Cape Town."
"Daar is min doen-dinge, maar vir 'n rustige wegbreek van die besige stadslewe is dit ideaal. Piketberg is omring met die mooiste natuurskoon - en hierdie tyd van die jaar is dit besonders! (Einde Augustus en die lente wil-wil begin). Ek is wel aangenaam verras met my aankoms om te hoor dat Piketberg 'n "last Fridays" het op die laaste Vrydag van die maand wanneer van die winkels en eetplekke later oop bly en jy die dorpie sommer te voet kan verken en lekker kuier."
"Dit blyk dat die ekonomie ook sy tol hier ge-eis het. Tog het ons 'n baie aangename ervaring gehad."
"Mooi. Min winkels. Vriendelike mense. Vriendskaps tuin was vol pragtige blomme in seisoen."
"Gaan doen die wynproe, besoek plase. Gaan Drostdy toe. Ry Gouda toe. Besoek Twee Jonge Gezellen, Wavern, die winterhoek berge. Stap Kerkstraat af. Moenie Tulbagh mis op jul roetes nie!"
"Dit is nie almal se "cup of tea" nie, maar vir my wat as kind daar vakansie gehou het, verstaan en die omstandighede en weer asook die oop strand."
"Pragtige dorpie aan die voet van due Swartberg. Klein entjie van die natuurskone Meiringspoort."
"Die dorp is mooi skoon en die mense wat ons mee te doen gehad het was almal baie vriendelik en behulpsaam. Baie lekker plekkie."