Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36612 reviews.
"Pragtige natuurskoon, en 'n besoek aan Gifberg is 'n moet vir alle natuurliefhebbers. Vanrhynsdorp het 'n eiesoortige bekoring vir my."
"Rustig en stil met alles wat jy nodig het naby. Uitstekende restaurante en pragtige strand weg van die geraas van die stad."
"Dit is 'n juweel op die lang pad Kaap toe, het my verlustig in die boustyle en die skoonheid en netheid van die hele dorpie."
"My gunsteling-vakansiedorp. Eks absoluut mal oor Paternoster. Gaan definitief weer terug."
"Rustige, skoon kusdorpie, heerlike stappaadjies langs die see, baie lekker vis geëet by Moltenos-restaurant."
"Hermanus was nog altyd vir my n hoogtepunt! Lief vir die mooi natuur, berge en staproetes asook goeie restaurante en wyn!"
"Ek hou graag vakansie in die omgewing, natuur is asemrowend en daar is baie doendinge om die tyd te verwyl."
"The Wilderness is beautiful, it was the first time we stayed at the Wilderness and enjoyed going through the various sights around like the map of Africa and enjoyed watching the hand gliders."
"Prins Albert is 'n pragtige 'n dorp om te besoek en die natuurskoon rondom maak dit nog meer spesiaal."
"Vir 'n stil, rustige buite-seisoen see-vakansie, met wonderlike seekosrestaurante, is Gansbaai ideaal. In seisoen baie besig, maar daar is baie mense wat dit so verkies. Hermanus is ook naby, en die pad tussen Stanford en Hermanus is nou klaar en te wonderlik vir woorde. 'n Omgewing met werklik baie om te sien en te doen."
"Beautiful place to visit. Enjoyed walking aroung in town and in their park."
"Mosselbaai en omgewing is pragtig en altyd baie aangenaam om daar te kan kuier."
"Sjoe, dis 'n pragtige vissersdorp wat vinnig besig is om uit te brei en die feit dat dit die suidelike punt van Afrika is is indrukwekkend. Die 2 oseane wat daar bymekaarkom is 'n moet sien!"