Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 35608 reviews.
"As 'n eetplek is Dave's Kitchen 'n moet. Hulle het finesse en styl. Maar jy moet bespreek."
"Paarl is naby aan alles en daar is alles wat jy nodig het. Daar is baie om te doen en te sien."
"Een van my gunstelingdorpe in SA. Pragtig en skoon. Die teerpad tussen die N1 en Prince Albert is baie goed. Die afdraai is die moeite werd."
"Was on a business trip, so not much time to explore the area. Did enjoy lunch and wine at Namaqua Wine Estate."
"Montagu het verbasend baie besienswaardighede, ons sal definitief weer gaan om meer te doen en sien."
"It is a beautiful place. We visit every time we come to RSA for this reason and we can tour around the Winelands. The accommodation must be correct when we book and the people must care."
"Ons was 'n familie en klomp vriende wat mekaar lanklaas gesien so dit was belangrik vir ons om 'n lekker plek te kry waar ons kon saamkuier maar ook rustig kon verkeer (veral omdat daar ook jong kinders was). Greyton self is eenvoudig. Lieflike restaurante (letterlik oorkant die pad van verblyf is Vanilla Cafe) lekker pizza en TV met sport. Ons het ook (weer) 'n draai gaan maak by 1854 (love die kuierplek). En als is in loopafstand. Vinnige draai by die Saturday Morning Market ook gemaak. Dis 'n oulike wegbreek van die stad, naby genoeg (uur en half se ry). En dan is daar ook natuurlik baie bergfietsroetes en trail runs in Greyton vir die manne wat meer exercise soek. Ons het nooit eers daarby uitgekom nie. Tog is dit nogsteeds 'n besige klein dorpie, so jy voel nooit verlate of afgesonder nie en die OK (mini) Mart is seker een van die beste winkels. Jy kan letterlik als daar koop en dis van goeie gehalte. So ek sal Greyton met liefde aanbeveel vir almal wat wil wegkom van die stad af. Moet net nie 'n mall of take away (KFC, Steers ens) soek nie. Daar is meer as genoeg restaurante met ordentlike kos om die uit te sort."
"Beïndruk met die atmosfeer van samewerking en ondersteuning tussen die verskillende plaaslike mense om toerisme te bevorder. Absoluut almal oral was besonder vriendelik en hulpvaardig en die kos by al die restaurante was heerlik en die diens puik."
"Ag die Kaap is so mooi en dit was heerlik om uit die koue Vrystaat so bietjie terug te stap in somer vir 'n dag."
"Baie in die omgewing om te sien. Ons was deur na De Hoop en het baie wild gesien, bo en behalwe die Elande, Zebras en Springbokke wat ons by Old Sam's gesien het."